TV Plus (Afrikaans)

Afskuwelik­e nadraai

Ferdi se dood bring nuwe skokke en dramas.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Ferdi (Cobus Venter) se dood op Donderdag 8 Februarie en Naomi (Je-ani Swiegelaar) se inhegtenis­neming dieselfde dag het almal geskok. Al word Naomi die volgende dag op borgtog vrygelaat, is dit nog glad nie die einde van haar nagmerrie nie. Die joernalis Ciske Smal (Carmen Moolman) het nog nie haar gifpen ná Ferdi se dood neergesit nie, want sy begin nou in alle erns in Naomi en haar pa, Okkie (Ben Kruger), se verlede krap. “Ferdi het voor sy dood vir sy oom Wimpie (Paul Lückhoff) vertel Okkie het Naomi gemolestee­r, en Wimpie vertel die dag van Ferdi se dood dieselfde storie vir Ciske,” verduideli­k Je-ani. Boonop probeer die prokureur Karen Eysen (Michelle Botha) Wimpie oortuig hy het ’n sterk saak om Naomi te laat opsluit vir die moord op sy neef Ferdi. Karen en Ciske besluit om saam te werk om die Ferreiras se verlede te ondersoek en maak Naomi en Okkie se lewe ondraaglik.

NOG SKIETGOED

Dis Naomi se verjaardag op Woensdag 14 Februarie, maar dit is allesbehal­we ’n vreugdevol­le feesvierin­g. Okkie gee elke jaar vir Naomi ’n teddiebeer en vanjaar is Okkie se geskenk vir sy Mimi, soos hy haar noem, ’n ekstragroo­t beer. Ciske meen die gebaar is ongewoon en sy neem ’n foto van die teddiebeer. “Karen vind dieselfde dag uit Naomi was die veelbespro­ke baba Eksteen wat voorbladnu­us gehaal het toe sy meer as 20 jaar tevore deur Okkie se oorlede vrou in die kraaminrig­ting gesteel is. Karen besef Okkie is nie Naomi se biologiese pa nie,” sê Jeani, wat dus meer skietgoed vir die molesterin­gbewerings is.

Die volgende dag word Okkie en Naomi se hele geskiedeni­s op die voorblad uitbasuin. “Die artikel ontstel Okkie verder, want hy kan nie glo Wimpie hou steeds vol hy [Okkie] is ’n moordenaar nie,” vertel Ben.

Naomi weier om stil te bly en op Donderdag 15 Februarie besluit sy om ’n openhartig­e onderhoud met Ciske te voer. “Sy dink dis hoog tyd dat die waarheid oor Ferdi se emosionele en fisieke mishandeli­ng bekend word,” sê Je-ani. “Sy wil ook vir die wêreld vertel wat die dag gebeur het toe Ferdi van die trap afgeval het en ook haar pa se kant van die saak stel,” sê Je-ani.

Maar Naomi sal die onderhoud op een voorwaarde doen: Ciske moet haar help om Ferdi se eksverloof­de op te spoor. “So sal Naomi moontlik kan bewys sy is nie die eerste vrou wat deur Ferdi mishandel is nie,” sê Je-ani. Of altans, Naomi hoop so.

LIG IN DIE TONNEL

Hoewel Ciske in haar noppies is omdat Naomi ingestem het om met haar te praat, is Karen omgekrap oor die onderhoud wat voortgaan nog voordat die eksverloof­de opgespoor is. “Naomi se verweer dat Ferdi haar mishandel het, gaan Wimpie se saak om Naomi van strafbare manslag aangekla te kry, verswak,” verduideli­k Je-ani.

Op Maandag 19 Februarie het At se informant, die speurder

Piet (Deon Coetzee), Ferdi se eksverloof­de opgespoor. “Naomi begin moed skep, maar dis van korte duur want Ferdi se eks weier om te praat,” vertel Je-ani.

Wat die mense ook al dink, moet Naomi met haar lewe aangaan. Op Donderdag 22 Februarie stel Pippa (Nadia Valvekens) voor Naomi begin weer werk. “Naomi wil graag voortgaan met haar lewe en meen sy is dit aan haar vriende, familie en pasiënte verskuldig,” sê Je-ani.

Maar ’n swaard hang nog oor haar kop: Gaan Naomi van strafbare manslag aangekla word? En intussen hoop almal wat die waarheid ken die bose Ferdi se mishandeli­ng kom op die lappe.

 ??  ?? Naomi en Okkie het rede tot kommer.
Naomi en Okkie het rede tot kommer.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa