TV Plus (Afrikaans)

Trouklokke en afskeid neem

-

Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 21:00 MAART

Maryke is volstoom besig om Bibi en Ike se troue te beplan. Sasha het ’n skuldige gewete oor Sean, en Simon en Liam is steeds omgekrap oor hul posisies in die Stryders-span wat omgeruil het. Blitz is vies omdat hy nie sy gevoelens aan Silvia kon verklaar nie, en Liam en Simon se wedywering duur voort. Nina kom terug van Nederland, en Reitz vind uit van Sasha en Sean. Bibi is benoud oor Maryke se uitspattig­e trouplanne, Sasha konfrontee­r Reitz oor sy houding teenoor haar, en Renate gaan weer vir ’n swangerska­ptoets. Dinge is ongemaklik tussen Blitz en Silvia, Gideon is geskok oor Anna se tatoeëerme­rk, en Schalk weier dat Liam en Simon weer in hul ou posisies speel. Reitz bly krapperig oor Sean, Bart loods ’n nuwe aanval op Schalk, en Anna is ontsteld oor Reitz se optrede die vorige aand. Festus en Koekie wil iets spesiaals vir Maryke en Fafa se kleinding doen, Iva is terug by die huis ná die ongeluk, en Gideon en Nina kry weer ’n oproep van Chrissie se skoolhoof. Fafa het bedenkinge oor Koekie en Festus se belegging, Nina konfrontee­r Chrissie oor haar rokery, en TJ is bekommerd oor Iva se operasie.

APRIL

Maryke sukkel om haar pa, Sakkie, te vertrou, Festus raak paranoïes oor Magda se eksman, en Fafa kry slegte nuus van Sakkie. Maryke konfrontee­r haar pa oor sy besigheid, almal neem afskeid van Silvia en Sasha wat Johannesbu­rg verlaat, en Maryke moet besluit of sy haar suster gaan sien. Renate en Simon begin met hul laaste in vitro-probeersla­g, Bart is vasbeslote om die Stryders se nuwe uitvoerend­e hoof te word, en Magda beproef Koekie se geduld. Lindy maak haar debuut as aktrise op die kassie, en Chrissie dink iets broei tussen Reitz en Anna. Koekie wil Magda op haar plek sit, Sakkie versuur Maryke se lewe verder, en Lindy raak obsessief oor die opmerkings oor haar op sosiale media. Kristien is terug van Texas, Maryke is raadop oor haar familie, en Renate kry die uitslag van die in vitro-behandelin­g. Sakkie wil graag dinge met sy dogters regmaak, en Renate en Simon is gefrustree­rd oor hul situasie. Nina maak Gideon benoud met haar huisversie­rplanne, en Blitz probeer sy ma opspoor.

MEI

Ons het gevra, maar dis teen Getroud Met Rugby se beleid om storielyne so ver vooruit te gee en hulle wou dus nie lusmakers vir Mei verstrek nie.

 ??  ?? Renate en haar man, Simon (inlas), bly gefrustree­rd oor hul kinderlose situasie.
Renate en haar man, Simon (inlas), bly gefrustree­rd oor hul kinderlose situasie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa