TV Plus (Afrikaans)

Finish en klaar

Sasha en Reitz se liefdesboo­tjie sink.

-

Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 21:00

Ons het dit al ’n geruime tyd sien kom – die einde van een van ons gunsteling­paartjies in Getroud Met Rugby: die Stryders-rugbyspele­r Reitz en sangeres Sasha (Sean van Noordwyk en Anlia van Rensburg). Maar ons het nie verwag dit gaan so ’n hartseer proses wees nie. Hulle het begin Februarie uitgemaak en enige hoop op versoening word op Valentynsd­ag, Woensdag 14 Februarie, vernietig wanneer die twee besluit dis beter om die dag apart deur te bring.

GEEN VERTROUE

Die rugbyreus en sy lyfie, soos hy haar noem, het einde Januarie verder uitmekaarg­edryf toe Sasha finaal vertroue in Reitz verloor het. Hy het een van Sasha se sangoptred­es in die Potties-kroeg misgeloop omdat hy sy eertydse liefde Anna (Kate Roothman) met ’n noodgeval in Pretoria P gaan help het. Sasha is van kleins af g gewoond daaraan om niemand te vertrou nie en dis hoekom dit so seermaak, sê Anlia. “Reitz is die eerste persoon in haar lewe w wat Sasha volkome vertrou het. Maar ná hy vir haar in Desember 2017 oor sy skoolverho­uding met Anna gelieg het, w was dinge nie meer dieselfde n nie. En Sasha is vas oortuig d daarvan Reitz het nog gevoelens vir Anna.” Die finaliteit van die g gebroke verhouding sink by Reitz in op Donderdag 16 Februarie wanneer Sasha besluit om uit haar en Reitz se huis te trek. Sean sê dit breek Reitz se hart. “Maar hy besluit dit gaan niks help om verder te baklei en by haar te pleit nie. Sasha staan sterk by haar besluit dat dit beter sal wees om die verhouding te beëindig. Reitz wil net die beste vir Sasha hê, en soos hulle sê: ‘If you love someone, set them free’,” voeg Sean by.

KRAKE EN KANSE

Die verlange na Sasha begin op Dinsdag 20 Februarie aan Reitz knaag en hy probeer sin maak van wat tussen hulle verkeerd geloop het. “Hy soek ’n tweede kans, maar daar het te veel goed gebeur en in die stadium gaan dit wees soos om ’n pleister oor ’n kraak in ’n muur te plak,” sê Sean.

Intussen wend Sasha haar op Donderdag 22 Februarie tot haar bestuurder, Sean (Rowan Cloete), vir ondersteun­ing. “Naas Reitz is sang Sasha se groot liefde,” vertel Anlia. “Sasha voel Sean is op die oomblik haar enigste sekuriteit. En hy stel voor sy maak ’n nuwe begin in Kaapstad.”

Sasha is huiwerig om al haar geliefdes net so agter te laat en is nie seker of dit die regte ding is om te doen nie. Maar dalk pak sy tog haar tasse – en dan is dit vir altyd te laat vir Reitz.

 ??  ?? Dit lyk of te veel verkeerd geloop het tussen Sasha en Reitz.
Dit lyk of te veel verkeerd geloop het tussen Sasha en Reitz.
 ??  ?? Anna was Reitz se skoolliefd­e.
Anna was Reitz se skoolliefd­e.
 ??  ?? Sasha soek troos by Sean, haar bestuurder.
Sasha soek troos by Sean, haar bestuurder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa