TV Plus (Afrikaans)

Verlede oopgekrap

Danni se vervreemde pa, Simon, kom lê ’n onverwagte besoek by haar af.

-

Suidooster Maandae-Donderdae kykNET (*144) 18:30

Suidooster-Eiendomme se sekretares­se Danielle Hendricks ( Vashti Prins) is ’n vrou wat altyd haar voete vind wanneer onheil haar tref; boonop is haar kop nog in die wolke ná sy in Januarie op die voorblad van ’n tydskrif was omdat sy ’n fiksheidsk­ompetisie gewen het. Maar wanneer haar vervreemde pa, Simon (Elton Landrew), onverwags op Woensdag 14 Februarie in Ruiterbosc­h opdaag en vyandig teenoor haar optree, is sy uit die veld geslaan en weet nie hoe om die positiewe in die situasie raak te sien nie.

GERAAMTES VAL UIT DIE KAS

Simon, ’n sakeman van die Paarl in die Wes-Kaap, is briesend vir sy dogter. “Hy is ontevrede oor ’n artikel oor Danni wat hy in ’n fiksheidst­ydskrif gelees het,” sê Elton. “Hy glo sy het nie heeltemal oop kaarte oor haar verlede met die skrywer gespeel nie en voel sy het hul familie se naam deur die modder gesleep,” sê hy. Hy verwys na die inligting in die artikel oor haar gestremde jonger broer en dat Danni gesê het sy is vervreem van haar gesin.

Simon neem Danni eintlik kwalik vir haar broer se gestremdhe­id, sê Vashti. “Ek kan nie te veel weggee nie, maar daar was jare gelede ’n tragiese voorval wat Danni se broer gestremd gelaat het. Dit het ’n groot wig tussen haar en haar pa ingedryf, veral nadat haar ma haar lewe geneem het weens alles wat gebeur het en gesê is.”

BAKLEI TERUG

Danni is erg ontsteld op Woensdag 14 Februarie ná haar pa se besoek en omdat hy vir ’n ruk in Ruiterbosc­h gaan aanbly. Oom Chris (Marcel van Heerden), haar kêrel Tim (Marco Spaumer) se pa, wat die meeste van die gesprek tussen Danni en haar pa gehoor het, stel voor sy kry ’n interdik teen hom want hy het haar probeer intimideer. Maar Danni kry dit nie oor haar hart nie. Tim probeer Danni op Donderdag 15 Februarie van plan laat verander om haarself te beskerm, maar sy is moeg vir Tim wat altyd namens haar wil baklei. “Sy voel as sy ’n interdik kry gaan sy dinge verder bemoeilik,” verduideli­k Vashti. Al wat sy wil doen, is om die hele voorval agter die rug te kry, soos sy destyds gedoen het toe sy in Ruiterbosc­h (in Februarie 2017) opgedaag het. En sy hoop haar pa gaan gou weer terug na sy eie huis.

SIMON WORD VASGEVAT

’n Mismoedige Danni, wat haar pa nou gereeld raakloop, besef op Maandag 19 Februarie daar is geen hoop meer op ’n versoening tussen hulle nie, behalwe as sy iets daaraan doen. “Hy tree weer soos ’n buffel teenoor haar op, en sy besluit om hom te konfrontee­r. Danni sê sy is keelvol vir haar pa se aaklige houding teenoor haar en dring daarop aan hulle praat dinge uit,” sê Vashti. “Dinge kan eenvoudig nie meer so aangaan nie. Dit word ál erger.”

PAD NA VERSOENING

Elton erken sy karakter is geraak deur sy dogter se pleidooi. “Hy besef vir die eerste keer hy het tot dusver net op sy gevoelens gefokus. En Danni het sy slaansak geword.”

Op Dinsdag 20 Februarie gaan kuier Simon vir Danni en hys ’n wit vlag. “Simon sê vir sy dogter sy oë het oopgegaan. Hy het Danni onnodig laat skuldig voel oor wat met sy seun gebeur het en hy het haar deur die jare nooit bygestaan nie,” voeg Elton by. Danni is diep geraak deur haar pa se woorde en op Maandag 26 Februarie gaan dinge nog goed tussen pa en dogter wat mekaar van voor af leer ken.

VAN KORTE DUUR?

Simon kry op Dinsdag 27 Februarie slegte nuus oor sy seun se gesondheid. En die groot vraag is of hy weer die blaamspele­tjie gaan speel en Danni verantwoor­delik hou vir ou koeie uit die verlede. Hulle sê mos as iets te goed is om waar te wees, is dit . . .

 ??  ?? Simon voel aanvanklik sy dogter, Danni, beswadder sy goeie naam.
Simon voel aanvanklik sy dogter, Danni, beswadder sy goeie naam.
 ??  ?? Simon (links) vryf Tim (middel) en Chris verkeerd op.
Simon (links) vryf Tim (middel) en Chris verkeerd op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa