TV Plus (Afrikaans)

Twee troues, ’n ring en hervatte romanses

-

The Bold & The Beautiful Weekdae SABC3 (*193) 17:30 MAART

Ridge verstom die personeel by Forrester Creations met sy handomkeer oor Quinn en sê vir hulle “sy sal geen probleem hier wees nie, dus kan julle haar maar aanvaar”. Thomas is ongelukkig oor sy suster Steffy uitvoerend­e hoof van Forrester is en nie hy nie, en Katie vermoed daar is iets tussen Ridge en Quinn. Huwelikskl­okkies lui vir Zende en Nicole, en Sally

Spectra jr. (Courtney Hope) wil Spectra Fashions heropen, maar Bill wil dit toe hê. Brooke raak bewus van die vonk tussen Ridge en Quinn, en Thomas ontluik teenoor Sally jr. . . . met ’n soen. Sally jr. wil ’n spioen by Forrester Creations hê, en Bill probeer Brooke vir oulaas ompraat om Ridge te los en met hom te trou.

APRIL

Rick vind uit die Forresteri­ntern Coco (Courtney Grosbeck) is van Spectra, maar Thomas sê vir hom Coco bly. Steffy probeer Thomas oorreed om haar troue met Liam in Australië by te woon en dit gee Ridge en Brooke ’n idee: hulle gaan in dieselfde tyd in Australië wegglip. Sally jr. keer dat RJ vergruis word en sy kry ’n dankie-soen van hom, en die Forrester-familie se besoek aan Australië sorg vir drama. Steffy is woedend wanneer sy hoor Thomas het Sally jr. saamgenooi en sy stamp Sally jr. by die trouplek van die pier af. Ridge en Brooke se troue moet wag wanneer die voornemend­e bruid sien hoe Ridge en Quinn hande hou en soen.

MEI

In haar wanhoop reik Brooke uit na die een man wat haar verstaan: haar eksverloof­de Bill. Maya is verbaas wanneer sy uitvind Ridge en Brooke het nie getrou nie, en Eric belê ’n dringende vergaderin­g om vas te stel wat met Ridge en Brooke aangaan. Coco die spioen neem foto’s van die jongste Forrester Creations- ontwerpe, en Thomas is in ’n toestand wanneer Sally jr. hom los. Thomas woon later die Spectra-modeverton­ing by en besef Sally jr. se ontwerpe lyk baie soos Forrester s’n, en Brooke verras Bill in sy kantoor wanneer hy instap en haar aantref – toe onder dollar-note! Sally jr. word in hegtenis geneem vir nywerheids­pioenasie, en Quinn, Katie en Brooke beland in ’n bakleiery oor Ridge. Later is Katie verras wanneer sy Bill se verloofrin­g aan Brooke se vinger sien.

 ??  ?? Dollar Bill kry twee vir die prys van een: Brooke en geld.
Dollar Bill kry twee vir die prys van een: Brooke en geld.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa