TV Plus (Afrikaans)

Seksspioen­e

Oppas, Quinn en Ridge – daardie geheime ontmoeting­s is op die punt om baie meer rugbaar te word!

-

The Bold & The Beautiful Weekdae SABC3 (*193) 17:30

Ivy Forrester (Ashleigh Brewer) speel die volgende twee weke speurder om uit te pluis wat presies tussen Ridge (Thorsten Kaye) en sy stiefma Quinn (Rena Sofer) aangaan. Ivy het vermoed die twee is meer as “net familie” nadat sy op Maandag 22 Januarie gesien het hulle raak vatterig met mekaar in Forrester Creations se stoomkamer. Vir Ivy is dit ook geen toeval nie dat Ridge en Quinn albei in San Francisco is op Woensdag 14 Februarie. “Hulle haat mekaar, maar nou werk en reis Ridge en Quinn skielik saam? Nee, daar’s iets snaaks aan die gang,” sê Ashleigh.

PRET IN DIE SON

In die dae voor die sakereis het Ivy ’n veranderin­g tussen Ridge en Quinn gemerk. “Dis duidelik daar is ’n vonk tussen hulle,” sê Ashleigh. Maar dis anders wanneer Ridge en Quinn op Woensdag 14 Februarie in San Francisco aankom – daar is eers ’n tikkie spanning in die lug. “Jy probeer my sover kry om ’n grens oor te steek waarvoor Eric my nooit sal vergewe nie,” sê Quinn vir Ridge. “Watter soort mens doen so iets? Watter tipe seun tree so op?” Ridge kap terug met: “Het jy regtig, selfs ’n sekonde, gedink ek voel iets vir jou? Maak jy ’n grap?” Maar dit is geen grap wanneer hulle soen en die toneel verander nie.

VRAE EN ANTWOORDE

Quinn stres wanneer hulle twee na Los Angeles terugkeer op Dinsdag 20 Februarie. “Sy wil nie hê enigiemand moet weet wat gebeur het nie,” verduideli­k Rena. “Te veel dinge hang daarvan af. Dis boonop nie ’n verhouding wat Quinn of Ridge wil hê nie. Dis nie veronderst­el om in iets te ontwikkel nie. Quinn wil nie alles verloor as gevolg hiervan nie.”

Ivy se ondersoek kry meer woema op Vrydag 23 Februarie wanneer sy ingestap kom waar Ridge vir Quinn ’n Forrester-ontwerp aantrek. Quinn is verboueree­rd en maak dat sy wegkom, maar Ivy volg haar en peper Quinn met vrae oor die besoek aan San Francisco en oor Ridge. “Quinn verduideli­k ‘eerlik’ aan Ivy sy weet nie hoekom sy so vreemd naby Ridge optree nie. Sy probeer Ivy vertel hoe lief sy vir Eric (John McCook) is en dat sy hom nie wil seermaak nie,” sê Rena. En dis nie net Ivy vir wie Quinn moet oppas nie. Ook Katie (Heather Tom) het agtergekom daar’s ’n vonk tussen Quinn en Ridge. Rena voeg by: “As Katie uitvind, sal sy Quinn vernietig. Quinn is banger vir Katie as vir Ivy!”

DIE KATIE-FAKTOR

“Katie het hul intieme ontmoeting­s by Forrester Creations gesien,” erken Heather. “Katie het ’n goeie intuïtiewe aanvoeling en is selde verkeerd.” Dis dus geen verrassing vir haar op Vrydag 23 Februarie nie wanneer Eric haar van Ridge en Quinn se sake-uitstappie vertel en hoe hulle nou op goeie voet is. “Die oënskynlik nuwe band maak Katie bekommerd, hoofsaakli­k oor haar sus Brooke (Katherine Kelly Lang), wat op die punt is om weer met Ridge te trou. Katie wil hê Brooke moet gelukkig wees, maar as haar aanvoeling verkeerd is, sal dit alles verongeluk,” waarsku Heather.

Soos Ivy is Katie vasbeslote om agter die kap van die byl te kom van Ridge en Quinn se nuwe “vriendskap”. Heather voeg by haar karakter is “soos ’n hond met ’n been. Katie gee nie gou op nie. Sy sal sover gaan om op Ridge en Quinn te spioeneer. Sy gaan nie ophou voor die waarheid uitkom word nie!”

 ??  ?? Ridge stel baie dinge in gevaar – soos sy verhouding met sy pa en sy verloofde. Ivy (links) vermoed onraad en vra Quinn uit oor Ridge.
Ridge stel baie dinge in gevaar – soos sy verhouding met sy pa en sy verloofde. Ivy (links) vermoed onraad en vra Quinn uit oor Ridge.
 ??  ?? Quinn en Ridge se werk beteken nie alles het met besigheid te doen nie . . .
Quinn en Ridge se werk beteken nie alles het met besigheid te doen nie . . .
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa