TV Plus (Afrikaans)

Hotels, opmaak en ma-drama APRIL

-

Isidingo Weekdae SABC3 (*193) 19:00 MAART

Kgothalo se gerondsnuf­fel in haar vriendin Nikiwe se sake boemerang wanneer sy by die Zamdela-huis geskiet word – en dis dalk nie heeltemal ’n ongeluk nie. Rajesh besoek sy meisie Kgothalo in die hospitaal en stel voor sy gaan dien ’n klag by die polisie in, maar sy weier, want Nikiwe is haar beste pel. Kgothalo word nie alleen gelaat om te herstel nie, want twee nuwe gesigte kom kuier in Horizon Deep: haar vriendin Leano (Shadi Chauke, Dumi in Mzansi Magic se telenovell­e Ring Of Lies, 2016-nou; lees meer op bl. 34) en haar ma, Mmakgosi (Clementine Mosimane, die moeilikhei­dmakerma Gloria in Mzansi Magic se sepie Isibaya, 2013-nou; lees meer op bl. 32). Kgothalo is nie die enigste een in ’n tawwe situasie nie: Gabriel kom nie uit met sy salaris nie en hy tel ’n graaf op as ’n myner by Sibeko Gold, al haat hy dit, want hy beskou die werk as “benede hom”. Anja en Benjamin se Februarie- geflirt vorder verder en hulle beland in die bed. Kgothalo los Rajesh, want hy is steeds gefokus op Nikiwe se rol in die skietery. Intussen het Nikiwe verdwyn en Kgothalo en Benjamin vra Nikiwe se tronkvoëlp­a, Lincoln, vir hulp. Nina se aandeel in Kgothalo en Nikiwe se probleme word onthul, maar sy kom dalk nie met moord weg nie – Kgothalo het ’n bondgenoot teen Nina: Lincoln. Lalage is terug in The Deep by haar gesin nadat sy ’n rukkie uitstedig was en haar siek tante gaan versorg het, maar iets het verander – en daar wag ’n verrassing op haar gesin. ’n Nuwe hotel duik op, maar die eienaars is ’n geheim, en Nina het ’n nuwe slagoffer in die visier: Sechaba. Lalage soek sonder haar man, Hendrik, se medewete werk, en Kgothalo en Mmakgosi probeer vrede maak. Nina se houvas op Gabriel begin verslap – en dit het dalk met haar nuutgevond­e aangetrokk­enheid tot hom te doen.

MEI

Daar is ’n wending in Lalage en Hendrik se huwelik, asook in Nina en Gabriel se “verhouding”. In Nikiwe se situasie is daar ook ’n verwikkeli­ng, en daar kan ’n verrassing op die nuwe Deep-hotel en sy eienaar wag.

 ??  ?? Van links: Kgothalo, Lalage en Nikiwe beleef al drie moeilike tye.
Van links: Kgothalo, Lalage en Nikiwe beleef al drie moeilike tye.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa