TV Plus (Afrikaans)

Droomverlo­re ONROMANTIE­S

Anja sien hartjies, maar dis nie dieselfde vir haar liefdesbel­angstellin­g Benjamin nie.

-

Isidingo Weekdae SABC3 (*193) 19:00

Valentynsd­ag word ’n dobbelspel vir Anja Lategan, lag die aktrise Lee Visagie, wat die rol vertolk. “Sy het Benjamin le Roux (Arno Marais) hier en daar in The Deep gesien en gedink hy’s nogal oulik. Sy geld dra by tot haar aangetrokk­enheid . . . so ’n bietjie.” Haar vriendin Enhle (Siphesihle Mpanza) het Anja se gevoelens op Maandag 12 Februarie uitgebuit toe sy die tiener gewed het sy’s te papbroekig om Ben te soen. “Dis kalwerlief­de, dus bloos Anja, maar sy gaan nie toelaat dat haar vriendin die weddenskap wen nie,” sê Lee. Anja het op Dinsdag 13 Februarie planne begin maak hoe sy Ben se aandag kan trek, maar soos met die meeste sepieplann­e boemerang dit op Valentynsd­ag [in die episode op Woensdag 14 Februarie]. “Anja word erg verleë gelaat, maar sy’s nie iemand wat die aftog blaas nie – sy gaan deurdruk en Ben gesoen gekry. Dit gaan net bietjie langer vat as wat sy gedink het,” vertel Lee (sien bederfbrok­kie). Die grootste struikelbl­ok in Anja se pad is Benjamin self, sê Arno. “Hy’s ’n bietjie van ’n rokjagter. Ben hou van die skone geslag se aandag, maar hy soen nie elke vrou wat hy sien nie. Hy’s ook nie nou op romanse ingestel nie ná wat met hom en sy goeie vriendin Nikiwe (Linda Sokhulu) gebeur het.” Ben wou haar laat insien hy hou van haar, maar dit het daartoe gelei dat Nikiwe die eerste week van Februarie gedink het Ben is haar bekruiper toe die sakeman aanmekaar op die verkeerde plek op die verkeerde tyd opgeduik het. “Nikiwe is nou heeltemal uit die prentjie wat sake van die hart betref,” verduideli­k Arno. En dis die voet in die deur wat Anja onbewustel­ik nodig het.

WAARSKUWIN­GS

Enhle is steeds die duiweltjie op Anja se skouer op Vrydag 16 Februarie en bly haar terg en aanpor oor Ben, maar die tiener het wel ’n engel op haar pad. “Haar tante,

Wendy (Michelle Beling), vertel Anja wat sy van Ben weet,” sê Lee. “Wendy ken die soort man wat hy is, waarskynli­k uit haar eie ondervindi­ngs. Wendy het Ben in die dorp rond gesien en sy waarsku haar niggie om versigtig te wees, want die windmakeri­ge sakeman ‘is nie wie jy dink hy is nie’.” Arno wys daarop hoewel Wendy geregtig is op haar mening, gebruik Benjamin nie Anja nie. “Ek dink fans sal dit opmerk, want hy’s eers effe ongemaklik by haar. Ja, dis vir hom lekker om by haar te wees en hulle kom goed oor die weg, maar daar’s nie gevoelens soos liefde by hom nie. Hy geniet net die jong meisie se aandag.”

EIE AGENDA

Anja luister nie na gesag nie en sy gaan nie toelaat dat haar minder-as-vrome tante haar keer om te kry wat sy wil hê nie. “Die skrywers werk nog uit waarheen die storielyn gaan lei,” sê Lee. “Maar Anja gaan nie in die nabye toekoms openhartig met haar familie wees nie. Sy gaan hulle nie vertel wat sy in die mou voer nie en selfs nie haar tante, wat gewoonlik haar vertroueli­ng is, weet waarmee sy besig is nie.” Wendy gaan wel ’n glimp van haar niggie se plan kry op Dinsdag 27 Februarie. “En sy gaan niks daarvan hou nie!” verklap Lee.

 ??  ?? Dis ’n geval van gemengde boodskappe tussen die verliefde Anja en Benjamin.
Dis ’n geval van gemengde boodskappe tussen die verliefde Anja en Benjamin.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa