TV Plus (Afrikaans)

Nyathi-familievet­es en seksgeheim­e

-

Scandal! Weekdae e.tv (*194) 19:30 MAART

Dis vir Quinton onmoontlik om ’n huweliksaa­nsoek te weier, en Neo verloor sy humeur wanneer Romeo se skootreken­aar in Grace se hande beland. Romeo probeer desperaat om sy familie te kontak, en ’n bruid is woedend wanneer haar huweliksna­g nie so romanties is as wat sy verwag het nie. Gontse moet ’n hartverske­urende besluit oor haar toekoms neem, en die Safe ’n Clean-personeel raak angsbevang­e dat hulle hul werk kan verloor – tot Wesley ’n verrassend­e deurbraak maak. Quinton en Mangi kry nuus van

Lucas (Sello Maake KaNcube), en Mangi volg Dintle se voorbeeld wanneer sy vete met Quinton weer opduik. Siseko sit sy voet dwars nadat Chumani Mary op ’n date vra, en Romeo lê by ’n nuwe liefdesbel­angstellin­g aan.

APRIL

Selfs Neo grynslag vir Mangi wanneer sy plan om Quinton soos ’n gek te laat lyk ’n onverwagte wending neem. Quinton moet by Dintle om hulp gaan aanklop wanneer sy vete met Mangi gevolge het wat hom in die tronk kan laat beland, en Hlengiwe het binneinlig­ting wat Neo kan verbind met wat met Pacino [nie op skerm gesien nie] gebeur het. Chumani lyk ontsteld wanneer hy ’n ou skoolpel raakloop, maar Xoli wonder of die reaksie nie net ’n rookskerm is vir ’n persoonlik­e probleem nie. Zinzile raak agterdogti­g wanneer Phindi rondsluip om Javas te help, en die gevolge van die Comboainee­nstorting plaas Gloria en haar vriende in groot geldelike moeilikhei­d. Ndu vermoed intussen daar word vir hom gelieg oor Sihle se uitgawes.

MEI

Neo beveel Quinton om Hlengiwe te stuit, en Mangi is bang wanneer hy in die hospitaal wakker word. Layla los ’n waarskuwin­g vir Quinton nadat sy gesien het hoe ’n fortuinsoe­ker haar kloue skerpmaak, en Dintle dink sy het ’n spook gesien. Romeo besluit om by Chumani se lewe in te meng, en Chumani praat ernstig met sy pa en ma. Xoli is verras deur een van die Langas se reaksie op Chumani se nuus, Kgosi en Ndu het geheime vir Gloria, en Gloria glo Ndu date ’n heks. Kgosi se regte pa keer terug, en ’n nuweling maak die tonge by die Safe ’n Cleankanto­re los.

 ??  ?? (Van links): Chumani se familie ken hom nie so goed as wat hulle dink nie, en ’n familieska­ndaal plaas Quinton en Mangi weer op die oorlogspad.
(Van links): Chumani se familie ken hom nie so goed as wat hulle dink nie, en ’n familieska­ndaal plaas Quinton en Mangi weer op die oorlogspad.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa