TV Plus (Afrikaans)

Stelers en delers

-

Uzalo Weekdae SABC1 (*191) 20:30 MAART

Kapt. Mthimkhulu is die eerste een wat sy rug op Mondli draai ná die speurder daarvan beskuldig word dat hy die skoot gevuur het wat MaNzuza se dood veroorsaak het. Fikile en haar gevaarlike nuwe liefie en sakevennoo­t Sbu geniet die lekker lewe, maar dit gaan nie hou nie. Mxolisi hoor sy ma, MaNzuza, se laaste wens, en past. Mdletshe probeer Mxolisi dwing om verantwoor­delikheid te aanvaar ná Lily se familie hom konfrontee­r omdat die meisie nog ’n maagd was. Sbu en Mondli se verdwyning laat vrae ontstaan, en Mastermind gaan soek huis saam met Thobile, maar Thobile is teleurgest­eld omdat Mastermind ’n nuwe, eerlike blaadjie wil omslaan. Past. Mdletshe oorweeg dit om geld van Qhabanga te aanvaar om die kerk se finansiële krisis op te los, en Nkunzi konkel weer, maar sy getal betroubare handlanger­s krimp. Nospi- ho se verhouding met Mondli wankel ná sy uitvind wat hy aan Sbu gedoen het, en GC raak betrokke by die kerk se Passiespel. Nkunzi beplan ’n yslike rooftog oor Paasnaweek, en MaNgcobo is met haar eie speletjie besig.

APRIL

MaNgcobo wag op ’n oproep van haar koper terwyl sy Nkunzi se buit bewonder, maar haar grootbek misdaadmaa­tjie

Patjutju (Lindiwe Ndlovu) kan alles bederf. Nkunzi wil die een wat hom uitoorlê het vernietig, en Qhabanga is in sy noppies wanneer sy plan vorder. Zekhethelo ontsnap met die hulp van haar nuwe kamermaat van ’n huisbaas wat dink hy’s geregtig op seks pleks van huurgeld, en later vra Zekhethelo Mxolisi se hulp wanneer haar kamermaat dood aangetref word. Fikile wil Sbu los, maar hy draai die sjarmekran­e oop, Mondli verstoot Nosipho, en ’n vonk ontstaan tussen Zekhethelo en Mxolisi. Qhabanga moet die skeptiese kerkraad trotseer en gee dan voor hy’t die strydbyl met Mondli begrawe, en Nkunzi se ergste vyande is nou beste vriende.

ONS HET GEVRA . . .

Weens die sepie se streng produksier­ooster kon Uzalo net episode-inligting tot middel April verstrek.

 ??  ?? MaNgcobo het ambisies om ’n misdaadbaa­s te word, maar Mastermind (inlas) probeer ’n nuwe, eerlike blaadjie omslaan.
MaNgcobo het ambisies om ’n misdaadbaa­s te word, maar Mastermind (inlas) probeer ’n nuwe, eerlike blaadjie omslaan.
 ??  ?? GC is terug.
GC is terug.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa