TV Plus (Afrikaans)

Konflik en ’n begrafnis

-

Generation­s – The Legacy Weekdae SABC1 (*191) 20:00 MAART

Namhla se wêreld val uitmekaar wanneer die polisie haar vra om Zach se lyk te identifise­er, en Mrekza begin met sy wraakplan teen sy meisie Lucy deur kelners by haar restaurant S’khaftin Chicken af te rokkel. Gadaffi is in die spervuur wanneer sy eksvrou Tshidi onverwags opdaag, en Sphe probeer die vonk terugsit in haar wankelende huwelik met Mazwi. Tshidi is woedend wanneer Gadaffi haar broer Tau as bestuurder by haar bemarkings­maatskappy #hashTag World aanstel. Lesedi probeer gewild word by haar nuwe skool deur met die moeilikhei­dmaker Jason (Joshua Dukwa) uit te hang en Brandon te boelie. Namhla is bang om vir die polisie te sê Gadaffi het die moord op Zach gelas, en Lucy stel net kelnerinne aan om Mrekza se ou personeel te vervang.

APRIL

Die Diales sê vir Lesedi sy moet Brandon na hul huis oornooi. Getty wil vrede maak met die gees van haar oorlede geldskiete­r Bra’Pops (Thulane Kubheka), asook teenoor Bra’Pops se familie bieg haar suster Lucy het hom in Junie 2015 doodgestee­k. Michael en Zoe baklei oor haar onverantwo­ordelike ouerskap, en Mazwi se toespraak word onderbreek deur die dorpenaars wat hul kommer oor die grondontwi­kkelingspr­ojek uitspreek. Mrekza kruip terug na Lucy om vir nog ’n kans op liefde te vra wanneer sy plan om haar besigheid te kelder misluk. Fana oorweeg dit om hom aan die ontwikkeli­ngsprojek te onttrek ná hy moeilikhei­d tussen die dorpenaars en die Morokas aanskou. Lucy verwerp Mrekza, en Zoe smeek die Diales om na Brandon te help soek. Sphe en haar ma, Nandi, word gevange gehou, en Lesedi gebruik Jason se truuks teen hom en skrik hom met ’n mes af. Later spring Nandi voor ’n koeël in om Sphe te beskerm, en die ongenaakba­re sakeman Jack wys sy menslike kant wanneer hy bekommerd is oor sy vrou Nandi, wat om haar lewe veg in die hospitaal. Namhla begin met haar plan om Jason terug te kry omdat hy Lesedi en Brandon afgeknou het.

MEI

Lucy gee Mrekza tog nog ’n kans, maar hy beplan steeds om haar sake-idees te steel. Getty is spyt sy’s ’n sangoma wanneer sy die waarheid praat oor Bra’Pops se moord en sy familie is kwaad oor haar onthulling. Elders is Namhla vreesbevan­ge wanneer sy besef sy’s ontvoer.

 ??  ?? Die Diale-familie moedig Lesedi aan om haar man te staan by haar nuwe skool.
Die Diale-familie moedig Lesedi aan om haar man te staan by haar nuwe skool.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa