TV Plus (Afrikaans)

Oortree die reëls

-

Weekdae SABC1 (*191) 18:30 MAART

Leshole stres oor sy toekoms en smeek sy hoërskoolo­nnie Alfred om hom te help om toelating tot die lugvaartak­ademie te kry, en die koshuisbes­tuur by die Gauteng-universite­it dreig om Emkay uit te skop omdat hy ná toemaaktyd by Eunice se kamer ingeglip het. Tbose huiwer om Mapitsi, die ma van sy seun, Pitsi, te laat weet hy kom hul seun besoek, en Pretty vind uit sy het ’n geheime bewonderaa­r . . . en dat hy haar oral op kampus volg. Die ingenieurs­tudente en beste pelle Emkay en Kwaito wedywer om hul klasopdrag te wen, en Koko Mantsha het ’n nagmerrie oor haar impulsiewe dogter Charity, wat uitstedig is. Pretty vaar uit teen haar jaloerse kêrel Nimrod wanneer hy bekommerd raak oor haar bekruiper, en Sphola word gearrestee­r vir dronkbestu­ur. Alfred waarsku Charles om weg te bly van sy familie, Katlego probeer Sphola help om die tronk te vermy, en Nimrod dreig om Pretty te los.

APRIL

Kwaito is gewillig om kortpad te vat en selfs die reëls te oortree om die meganiese-ingenieurs­weseprojek te wen, en Sphola vrees vir sy toekoms wanneer ’n dronkbestu­urklag hom in die gesig staar. Rachel raai haar broer Nimrod aan om ’n meisie te kry wat nie ander ouens sal vermaak nie, en Meikie raak verleë wanneer haar man, John, se 2017-affair met Charity weer die mense laat praat, net soos die Magongwas wat Turfloop aan die gons het wanneer Alfred se kar teruggenee­m word. Kwaito en Tbose verdwyn dae voordat hul projek klaar moet wees, en Rachel wend haar tot haar eksvroetel­pappie Marothi om haar geldelike probleme op te los

MEI

Ma’ Ntuli se pos as ontvangsda­me by die hospitaal is in g gevaar nadat sy haar humeur met pasiënte verloor het, e en skoolhoof Thobakgale is in die moeilikhei­d b by die onderwysde­part tement. Sjef Marlene kom lê besoek af om te sien hoe haar oudstudent­e en kosgegradu­eerdes Katlego en Candice vaar.

Skeem Saam

 ??  ?? Van links: Pretty, Rachel, Sphola en Nimrod het almal probleme.
Van links: Pretty, Rachel, Sphola en Nimrod het almal probleme.
 ??  ?? Leshole sal nie van sy droom afsien om vliegoplei­ding te kry nie.
Leshole sal nie van sy droom afsien om vliegoplei­ding te kry nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa