TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

Ridge moker Bill ná Bill sê hy is lief vir Steffy, Ridge se dogter. Brooke skel Bill uit as ’n “walglike ou pervert” met geen lojaliteit nie en sy eis ’n nietigverk­laring van hul huwelik. Hope vertel Liam van haar lewe sedert sy uit LA weg is, Steffy sê vir Hope sy is swanger, en Sally en Darlita soek aanlyn vir al die feite oor Hope. Bill stel voor hy en Steffy maak haar baba saam groot ná hy vir Steffy sê hoe hy oor haar voel. Bill gaan praat met Ridge, Ridge sê vir Liam hulle moet saam wraak neem op Bill, en dan smeek Ridge Liam om die swanger Steffy te vergewe.

DAYS

Die Salem-polisie soek Andre DiMera se moordenaar, en smart bring Kate en Chad nader aan mekaar. Abby kry visioene in haar drome van Andre se dood en sy glo sy kan die moordenaar identifise­er – Gabi! Gabi soek hulp by Stefan, en Stefan en Vivian wonder of hul plan sonder Andre kan werk. Rafe kry die ietwat bisarre moordwapen wat op Andre gebruik is, en Roman jok om Anna te beskerm. Rafe en Hope kies hul troudatum, en Eric keur dit nie goed dat Jennifer met Harry uitgaan nie. John bedwelm Steve, Will praat openhartig met Paul, en Sonny wat afluister glo hy hoor Brady se moordbeken­tenis.

Y&R

Jack en Ashley raak versoen, maar die magstryd by Jabot kan hulle weer uitmekaard­ryf. Ashley kry ’n verrassend­e aanbod tydens arbitrasie, en Mariah word verneder wanneer sy die woorde in Tessa se liedjie herken en sy sê vir Devon dit kom uit haar private dagboek! Noah staan reg om Tessa te verdedig – tot hy self die bewys lees, en Devon konfrontee­r Tessa. Phyllis speel matchmaker vir Hilary, Cane onthul Lily se leuen, en Ashley tree op ná Victor ’n onverwagte wapenstils­tand aankondig.

 ??  ?? Mariah (Camryn Grime) is verleë en verneder.
Mariah (Camryn Grime) is verleë en verneder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa