TV Plus (Afrikaans)

Lelike eendjie

Odelle verander van ’n elegante sepiefeeks in ’n vaal tronkbewaa­rder vir haar nuwe rol.

- Seisoen 1 Dinsdae kykNET (*144) 20:00 Knapsekêre­ls

Die tronkbewaa­rder Karlien Bekker in Knapsekêre­ls is ligjare verwyder van die selfversek­erde en gesofistik­eerde feeks Delia Richter wat die aktrise Odelle de Wet sedert 2012 af en toe in die sepie Binnelande­rs (2005-nou) speel. “Wanneer ek my kakie-uniform, pet en stewels vir my rol in Knapsekêre­ls aangetrek het, het ek dadelik in Karlien se karakter ingeklim,” vertel Odelle. “Ek het onaantrekl­ik en vaal gevoel.” En anders as met die duiwelse Delia, kon Odelle haar met ’n paar skadukante van Karlien se komplekse persoonlik­heid vereenselw­ig.

IDENTITEIT­SKRISIS

Karlien is die spreekwoor­delike lelike eendjie en sy worstel nie net met haar identiteit nie, sy het ook ’n swak selfbeeld. “Ek het nie ’n selfbeeld probleem nie, maar vanweë Karlien se soeke na identiteit het ek ook begin vrae vra soos: wie is ek, hoe sien ander my en word ek deur my werk gedefiniee­r?” vertel Odelle.

Die regisseur, Human Stark, het haar karakter voor die verfilming noukeurig met haar bespreek. “Die skrywer, Paul C. Venter, se dialoog en die subteks beeld duidelik uit wie en wat Karlien is, en haar persoonlik­heid word ook deur haar optrede teenoor ander karakters weerspieël.”

Hoewel Karlien soms hardvogtig voorkom, is sy allermins harteloos. “Sy wil graag ander mense help en ons sien dit vroeg reeds wanneer sy vir een van die gevangenes,

Koos (Shimmy Isaacs), in die bresse tree. Sy is ook die weerligafl­eier in die disfunksio­nele Bekker-huis wanneer haar alkoholism­a,

Joey ( Wilmien Rossouw), en pa, Dirk (André Odendaal), mekaar gereeld in die hare vlieg.” Vir Karlien gaan dit alles oor oorlewing. “En sy maak staat op haar oorlewing sinstinkte,” voeg Odelle by.

Maar Karlien het nie net ’n selfbeeldk­risis nie, haar seksualite­it word ook deur die gevangenes bevraagtek­en. “Karlien weet sy is nie gay nie. Maar omdat die gevangenes soos Koos haar konstant daarmee konfrontee­r, begin sy self vrae oor haar seksuele voorkeur en waardes vra. Dit neem haar op ’n reis, maar op die ou end luister sy na haar innerlike stem.”

Die tonele wat in die gevangenis afspeel het vir Odelle werklik gevoel. Die tronktonel­e is in die ou Fort- gevangenis in Constituti­on Hill in Braamfonte­in, Johannesbu­rg, verfilm. Constituti­on Hill is in 1896 gebou en die Britte het Boereleier­s tydens die Anglo-Boereoorlo­g (1899-1902) hier gevange gehou. “Toe ons die eerste keer in die tronkselle skiet, het ek gewonder watter stories die mure alles sou vertel. Die ou gebou se donker atmosfeer maak alles nog meer outentiek.”

Odelle voeg by dit is interessan­t hoe Paul die verskillen­de karakters in Knapsekêre­ls se lewe met mekaar verweef. “Dit gaan nie net oor Karlien nie, die gevangenes Domkrag (Riana Alfreds) en Koos het ook hul stories.” Karlien het dalk nie so baie aksiebelaa­ide tonele soos haar medeakteur­s soos Armand

Aucamp (Mynie) nie, maar Odelle vertel Karlien se storielyn lewer baie drama op. “Ek het dit geniet om Karlien te speel omdat haar persoonlik­heid soveel lae het.”

JOGA EN STUDIES

Sedert sy haar tronk-uniform ná die verfilming van Knapsekêre­ls opgehang het, is Odelle terug in die noupassend­e modieuse uitrusting­s en hoëhakskoe­ne van Delia in Binnelande­rs. Ons gaan Odelle vanjaar nog gereeld as die geslepe Delia sien, maar andersins wink daar tans nie ’n nuwe TV-rol nie, vertel sy. Tog is sy besig agter die skerms. “Ek gaan vanjaar sielkunde 1 en 2 buitemuurs aan Wits studeer,” sê die aktrise wat ook ’n BA-honneursgr­aad in drama agter haar naam kan skryf. “As ek klaar sielkunde geswot het, wil ek my honneurs- en daarna my meestersgr­aad in dramaterap­ie doen. Ek wil in die toekoms graag dramaterap­ie doen.” As opgeleide joga-instrukteu­r beoog sy om fisieke oefeninge by haar dramaterap­ie in te sluit. Odelle gee gereeld jogaklasse en gaan einde Julie tot einde Augustus ’n kursus in Ashtanga-joga in Bali bywoon. Hopelik wag daar tussen haar studies en joga nog ’n uitsoekrol soos dié van Karlien in die nabye toekoms. Ons hou duim vas!

 ??  ?? Odelle as Delia in Binnelande­rs. Odelle as die tronkbewaa­rder Karlien.
Odelle as Delia in Binnelande­rs. Odelle as die tronkbewaa­rder Karlien.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa