TV Plus (Afrikaans)

Swierige Saterdae

Top Billing skud sy glansvere reg en skuif na Saterdagaa­nde.

- Top Billing Seisoen 28 Saterdae SABC3 (*193) 18:00 (begin 17 Februarie)

Die tydskrifpr­ogram Top Billing (1992-nou) skuif van Donderdaga­ande na Saterdae met die begin van seisoen 28 op Saterdag 17 Februarie. En in die vroeër tydgleuf van 18:00 (dis om 20:30 op Donderdae uitgesaai) kan fans glans-inspirasie kry net voor hulle regmaak vir ’n aandjie uit. “Dis die jaar waarin ons naweke vier en om die meeste van elke oomblik te maak,” sê die medeskeppe­r en vervaardig­er Patience Stevens. “Watter beter tyd is daar om die goeie in die lewe te vier as op ’n Saterdagaa­nd, wanneer Top Billing-kykers kans kry om te ontspan?”

AVONTURE EN TROUES

Terwyl hulle die groot skuif in oënskou neem, het die Top Billing-span ook by hul gehoor op sosiale media gaan kers opsteek oor wat hulle graag in die program wil sien. “Die meeste mense kyk al minstens 10 jaar en weet presies wat hulle wil hê: meer avontuur en plaaslike reise, meer tradisione­le troues en ook troues met ’n ongewone tema,” sê Patience. “En omdat Saterdae fliekaand op SABC3 is, sal ons inligting gee oor die flieks wat op SABC3 uitgesaai word, asook die nuwes wat in teaters wys.”

MOSAMBIEK EN MODEWEEK

Wat die programinh­oud van nou tot Mei betref, sonder Patience die volgende insetsels uit wat kykers “nie moet misloop nie”:

Februarie “Jonathan woon die 68ste Berlynse filmfees by (sy onderhoude sal in Maart uitgesaai word). Top Billing kyk ook na die spoggerigs­te uitrusting­s by 2018 se Sun Met-perdewedre­ndag.”

Maart “Daar is ons Mosambiek-kuier met die atleet Caster Semenya en haar vrou, Violet Raseboya. Ons besoek ’n luukse lodge in die Krugerwild­tuin saam met die aktrise Sophie Ndaba (Queen Moroka in Generation­s, 19942014) en haar nuwe man, Max Lichaba, en ons verken ’n versteekte juweel in die Wes-Kaap met die langafstan datleet Ryan Sandes en sy vrou, Vanessa.”

April “Ons beplan ’n besoek aan Kanada. Die SA Modeweek sal ’n belangrike insetsel wees, en ons sal fokus op die sukses van plaaslike ontwerpers.”

Mei “Daar is die wenners van die luukse vaart, asook ’n eksklusiew­e insetsel oor die kulkunsten­aar Dynamo, wat SuidAfrika in Mei besoek.”

 ??  ?? Jonathan Boynton-Lee gaan op safari met die sepiester Sophie Ndaba en haar nuwe man, Max Lichaba.
Jonathan Boynton-Lee gaan op safari met die sepiester Sophie Ndaba en haar nuwe man, Max Lichaba.
 ??  ?? Jonathan het pret in Mosambiek met die atleet Caster Semenya en haar vrou, Violet.
Jonathan het pret in Mosambiek met die atleet Caster Semenya en haar vrou, Violet.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa