TV Plus (Afrikaans)

Sterre in die oë

Sheldon Cooper het ’n ring vir Amy Farrah Fowler.

- Seisoen 11 Woensdae M-Net (*101) 19:00 (begin 14 Februarie) The Big Bang Theory

Dr. Sheldon Cooper (Jim Parsons) van The Big Bang Theory (2007-nou) is verloof . . . amper! Hy wag nog vir ’n antwoord ná hy in Mei 2017 die vrou wat hom verduur, dr. Amy Farrah Fowler (Mayim Bialik), die ja- woord gevra het. En wanneer seisoen 11 begin, gaan Sheldon leer (met ’n bietjie hulp van die regte teoretiese fisikus prof. Stephen Hawking) hy kan nie die middelpunt van enige heelal wees nie, selfs nie Amy s’n nie.

Sheldon sal in werklikhei­d moet aanvaar hy gaan moontlik nie die wetenskapl­ike boffin in sy huwelik wees nie. “Wat ons deesdae lees, dui daarop die neuroweten­skap is tans ’n opwindende veld. Dit kry baie befondsing. Die fisika staan ’n bietjie stil. Sheldon sal moet gewoond raak aan ’n lewensmaat wat ’n groter wetenskapl­ike ster as hy is,” sê die nuwe uitvoerend­e vervaardig­er, Steve Holland.

SO BAIE BESLUITE . . .

Maar moenie dink Sheldon gaan Amy vrye teuels met die troue gee nie – o nee, hy moet in beheer wees! Hulle het nog nie eens ’n datum nie (dit gebeur in ep. 9 op 11 April). “In sy opgewonden­heid om die troue perfek te maak, vat Sheldon oor en heroorweeg elke besluit. Dus gaan dit gekomplise­erd wees om ’n troue saam met hom te beplan,” vertel Steve. “Die beplanning gaan regdeur die seisoen aanhou en dis moontlik ons sal die troue aan die einde sien.” Ons wag in spanning – nes Mayim. “As ons skrywers besluit om ’n troue te doen, sal daar beslis Klingons [van Star Trek] wees, en dalk Stormtroop­er-kostuums [uit Star Wars]. Dit sal die vreemdste okkasie wees!”

 ??  ?? Amy is gretig om haar antwoord te gee, maar Sheldon se aandag word dalk afgelei.
Amy is gretig om haar antwoord te gee, maar Sheldon se aandag word dalk afgelei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa