TV Plus (Afrikaans)

Die kleiner teorie

Ons draai die horlosie terug na Sheldon se kinderjare en gesin.

- Young Sheldon Seisoen 1 Woensdae M-Net (*101) 19:30 (begin 14 Februarie)

Die hart van die Big Bang Theoryspli­nterreeks Young Sheldon (2017nou) is die band tussen die negejarige genie Sheldon (Iain Armitage) en sy goedige dog deurmekaar ma, Mary Cooper (Zoe Perry). Die volwasse Sheldon (Jim Parsons) is die verteller wat vanuit sy verdraaide oogpunt sy kinderjare beskryf, maar dikwels is dit die ewewigte Mary wat ons simpatie wen. “Die reeks is soos ’n venster in Sheldon se kop, maar bied ook die ander gesinslede se perspektie­f, hoe dit vir hulle is om saam met hom te leef. Daar’s heelwat konflik en verwarring en dis waarin die komedie lê,” sê Zoe.

En dis fassineren­d om “terug te keer na die toekoms” tussen Young Sheldon en The Big Bang Theory en te hoor wat die volwasse Sheldon mettertyd oor die ander Coopers te sê gehad het . . .

TWEELINGSU­S MISSY (Raegan Revord)

Big Bang seisoen 1 episode 15: Sheldon beweer “daar rus die potensiaal in haar onderlyf, al is dit hoe gering, vir nog ’n individu so merkwaardi­g soos ek”.

OUER BROER GEORGE JR. (Montana Jordan)

Big Bang seisoen 8 episode 23: Sheldon noem George (wat skelmpies hul pa se whiskey gedrink het) “’n idioot wat deur sy mond asemhaal”.

MEEMAW (Annie Potts)

Big Bang season 9 episode 14: Sheldon spog: “Sy’s soos Ouma SpiderMan.” Sy bederf Sheldon met koekies en geskenke en is sy geliefde familielid wat niks verkeerds kan doen nie.

PA GEORGE (Lancer Barber)

Sheldon se oorlede pa het gedrink en sy vrou, Mary, verkul, wat haar na godsdienst­ige fanatisme gedryf het. In Big Bang seisoen 7 episode 9 sê Sheldon: “My pa was versot op voetbal. Hy het my dit laat kyk voor ek toegelaat is om my huiswerk te doen.” Dis die eerste keer dat fans iets hoor oor hul gespanne maar liefdevoll­e band.

 ??  ?? Die Coopers (van links): George sr., George jr., Meemaw, Missy, Mary en Sheldon.
Die Coopers (van links): George sr., George jr., Meemaw, Missy, Mary en Sheldon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa