TV Plus (Afrikaans)

The X-Files

-

Seisoen 11 Sa. FOX (*125) 19:30 Herhaling Wo. FOX (*125) 13:30 Sci-fi Dis nie net sameswerin­gsteorieë en alien-stories wat kykers 25 jaar lank laat terugkom het vir The X-Files (1993-nou) nie. Die FBI-agente Dana Scully en Fox Mulder (Gillian Anderson en David Duchovny) “is die X-Files”, sê die skepper Chris Carter. Maar die VVV-rit kom die seisoen tot ’n einde, want Gillian gaan ná die verfilming vertrek . . . Was dit maklik om Scully weer, ná 15 jaar [seisoen 9 is in 2001 uitgesaai], te “vind”? Die interessan­te uitdaging vir seisoen 10 [in 2016] was hoe om dieselfde karakter te laat opdaag as ’n 50-plusser, want sy het mannerisme­s wat nie gepas sou wees vir haar ouderdom nie, soos sy het haar oë baie gerol. [Lag.] Jy het geen geheim daarvan gemaak jy is ná die huidige seisoen klaar nie.

Ek het dit so lank gedoen en dit was ’n buitengewo­ne reis met ’n besonderse karakter wat ek gelukkig was om te speel. Dis tyd. Ons lewer 10 sterk episodes en ek voel dit eindig op ’n hoë noot. Daar’s ander goed wat ek ook wil doen. Die X-Files gaan nie net oor aliens en klein groen mannetjies nie, nè?

Glad nie. Daar is sci-fi-episodes, mitologies­e episodes en ’n paar komiese storielyne. Dis altyd pret om laasgenoem­de te doen, want hulle is nie net snaaks nie, maar ook slim. Het jy die sukses verwag van jou vennootska­p met David as agent Mulder?

Ek het niks geweet toe ek begin het – TV was ’n heeltemal nuwe wêreld. Dit voeI of my verhouding met Scully en, op sy beurt, FOX elke jaar verander het. Kyk ek terug op episodes het ek ’n heeltemal ander en nuwe perspektie­f – ek verstaan wat hulle [Scully en Mulder] vir kykers beteken. Dis ’n besonderse en spesiale dinamika. Mense vra altyd “wat van jul vonk?” en vir my is dit baie spesiaal, om deel van die duo te wees.

 ??  ?? Mulder (links) en Scully was 25 jaar op TV.
Mulder (links) en Scully was 25 jaar op TV.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa