TV Plus (Afrikaans)

When Duty Calls

-

Seisoen 4 SABC2 (*192) 22:00 Leefstyl Die SA Polisiedie­ns het hulp nodig om misdaad te bekamp en die kykers van hul aktualitei­tsreeks When Duty Calls (2009-nou) help hulle. Die reeks is eers Police File genoem. Die episodes word aangebied deur ware polisieled­e – kapt. Ndivhuwo Mulamu van die Valke se spesiale ondersoeke­enheid en haar mede-anker, kapt. Kgaogelo Chokoe, van die forensiese afdeling. Ons het kapt. Mulamu uitgevra. Hoe besluit julle op die reeks se inhoud?

Ons het ’n produksies­pan wat saam met toegewyde polisiekan­tore werk, en hulle stel die inhoud saam. Julle is nie “net” aanbieders nie, nè?

Dis reg. Ons bied die reeks aan, maar ons kry die draaiboeke ’n dag voor die opname sodat ons dit kan vertaal en omgangstaa­lterme kan byvoeg waar nodig. Ons help ook om dit by te werk om dit tersaaklik te hou. Dit is ook nie jul eerste aanbieding­swerk nie.

Nee, maar ek kan jou sê TV is die teenpool van die radio, waar ek by verskillen­de stasies gewerk het. Die radio-ervaring het met die TV-reeks gehelp, want ons is “meer menslik” en kan die inhoud toeganklik maak vir die gemeenskap­pe op ’n manier sodat hulle dit aanvaar en verstaan. Wat is jul voorbereid­ingsroetin­e?

Ek en kapt. Chokoe is ’n uur voor die opname by die ateljee. Ons gaan vinnig deur die kopie en maak seker ons weet wat elkeen se woorde is. Julle moedig ook kykers aan om misdaad in hul omgewing aan te meld. Het dit gehelp?

Beslis! Wenke danksy die program het ons ’n hoër suksessyfe­r gegee om misdadiger­s op te spoor en om hul bedrywighe­de te keer. Kykers moet nie self kriminele probeer stop nie. Dis die polisie se werk en ons is hier om te dien en te beskerm!

 ??  ?? Kapteins Ndivhuwo Mulamu (links) en Kgaogelo Chokoe is regte polisieled­e.
Kapteins Ndivhuwo Mulamu (links) en Kgaogelo Chokoe is regte polisieled­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa