TV Plus (Afrikaans)

Trial & Error

-

Seisoen 1 M-Net (*101) 23:10 Komedie Die nuwe prokureur Josh

Segal (Nicholas D’Agosto) moet bontstaan in die donker komedie Trial & Error (2017-nou). Sy kliënt, die poësieprof­essor Larry Henderson (John Lithgow), word van moord aangekla. Dis nie die eerste keer dat John ’n ingedagte, onbetrouba­re en eksentriek­e karakter speel nie – sy rol as die militêre leier Dick Solomon in 3rd Rock From The Sun (1996-2001) het van hom ’n huishoudel­ike naam gemaak.

Die 72-jarige se loopbaan het 1 lank voor 1996 begin – hy was die dwelmsmous John in 1972 se dramafliek Dealing: Or the Berkeley-to-Boston Forty-Brick Lost-Bag Blues. 2 Hy het nie toevallig akteur geword nie, al erken John: “As kind het ek baie in my pa se toneelstuk­ke gespeel. Ek wou ’n skilder of afdrukmake­r word.” Sy pa, Arthur, was ’n teaterregi­sseur en sy ma, Sarah was ’n aktrise. 3 Buiten toneelspee­l het John ook geskryf en musiek gemaak. In 1999 is sy kinderalbu­m, Singin’ In The Bathtub, uitgereik, en hy het kinderboek­e soos Marsupial Sue Presents The Runaway Pancake (2005) en I Got Two Dogs (2008) geskryf. 4 ’n Besige loopbaan beteken nie John het g’n huislike lewe nie. Hy is in 1980, ná ’n huwelik van 15 jaar en ’n seun, Ian (nou 45), van Jean Taynton geskei. Ian was Leon in 3rd Rock. John het in 1981 met die geskiedeni­sproffie Mary Yeager getrou en hulle het twee kinders: Phoebe (35) en Nathan (34). 5 John se stem is in 1983 ingespan vir die Jedi-meester Yoda in radio-verwerking­s van Star Wars: The Empire Strikes Back (1980) en Return Of The Jedi (1983).

 ??  ?? Dit lyk nie of John Lithgow ’n dag ouer geword het sedert die 1990’s-sitkom 3rd Rock From The Sun nie.
Dit lyk nie of John Lithgow ’n dag ouer geword het sedert die 1990’s-sitkom 3rd Rock From The Sun nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa