TV Plus (Afrikaans)

Homeland

Seisoen 7 M-Net (*101) 21:00 Drama

-

Carrie (Claire Danes) het pres. Elizabeth Keane (Elizabeth Marvel) van ’n sluipmoord gered in die seisoen 6-finaal van Homeland (2011-nou) in April 2017, maar die president se dankbaarhe­id was van korte duur en sy het 200 lede van die intelligen­sie-gemeenskap laat arresteer. Wanneer seisoen 7 begin het Carrie haar werk in die Withuis gelos en werk nou teen die Keaneadmin­istrasie vir die vrylating van die 200 agente, insluitend haar mentor Saul Berenson (Mandy Patinkin). Dis ’n interessan­te wending, deels te danke aan pres. Keane . . . Die sluipmoord­poging het die president laat wegdraai van haar ietwat liberale politiek na ’n onversetli­ke outoritêre leierskap. “Die president is nie wie Carrie geglo het sy is nie,” verduideli­k Claire. “Carrie bly diep agterdogti­g teenoor die president. Alles en almal is gespanne. Die onsekerhei­d bly ’n tema regdeur seisoen 7.” Elizabeth voeg by: “Keane is in die middelpunt van die paranoïese Withuis. Daar is ongetwyfel­d onderwerpe en parallelle in Homeland wat ooreenstem met die dinge wat tans in ons samelewing gebeur.”

Die uitvoerend­e vervaardig­er Alex Gansa, wat tyd in Washington DC deurgebrin­g en met intelligen­sie-spesialist­e en joernalist­e gepraat het, stem saam. “Ons vertel in ’n mate ’n parallelle storie met wat in die regte wêreld gebeur. Die beleërde Trump-administra­sie het sy eie probleme en pyne met die nasionale veiligheid­sinstellin­g en wat hulle ‘the deep state’ noem. In ons reeks is dit feitlik dieselfde situasie. Die veiligheid­sinstellin­g is verbind tot politiek wat lynreg teenoor die administra­sie staan. Dis ’n botsing van magte.”

 ??  ?? Pres. Keane en haar administra­sie het ’n vyand van Carrie Mathison gemaak.
Pres. Keane en haar administra­sie het ’n vyand van Carrie Mathison gemaak.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa