TV Plus (Afrikaans)

Rooitamati­e

Seisoen 1 VIA (*147) 18:30 Leefstyl

-

Sê “rooi tamatie” en ’n mens dink aan die meestersje­f Renette Vosloo (53), wat sedert 2004 ’n gelyknamig­e restaurant in Pretoria bedryf. Sy behartig ook vanaf 2015 op Saterdae ’n kosinsetse­l op Ontbytsake (kykNET, 2011-nou), en in Januarie vanjaar het Renette se eie kosprogram op VIA begin. “Ek het die verskillen­de fases in my lewe, soos my skool- en universite­itsdae, as ’n tydlyn vir Rooitamati­e gebruik en maak kos wat ek met spesifieke tye assosieer,” vertel Renette.

Watter soort kos maak jy?

Ek wys in elke episode drie geregte – ’n voor-, hoofen nagereg – uit ’n tydperk in my lewe. Dis ’n kombinasie van tradisione­le en eksotiese kos. So maak ek in episode 2 ’n huispizza en in episode 3 ’n biefstuk met béarnaise-sous. Ek wys op ’n moeilikhei­dsgraad van 1 tot 3 hoe maklik of moeilik ’n gereg is om te maak.

Waar het jou passie vir kos maak begin?

Op elf het ek in een van my ma se kookboeke ’n resep vir ’n eendgereg gesien en wou dit dadelik uitprobeer. Ek dink die gogga het toe reeds gebyt, al het my lewe eers ander draaie geloop voordat ek en my man, Emile, in 1990 met ons eerste restaurant in Middelburg, Mpumalanga, begin het.

Het jou deelname in 2014 aan Kokkedoor (kykNET, 2013 & 2014) jou gehelp om meer selfvertro­ue voor die kameras te hê?

Kokkedoor was ’n hoogtepunt, maar ek besef vandag ek het te veel teruggehou en was bang om my emosies en persoonlik­heid te wys. Maar die kameras pla nie eintlik nie, want wanneer ek kook fokus ek net op die kos.

Wat is belangrik wanneer jy ’n ete vir gaste berei?

Eenvoud en smaak. Dit help nie ’n gereg word mooi voorgesit en die smaakkombi­nasie is nie reg nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa