TV Plus (Afrikaans)

Relic Hunter

Seisoen 1 SABC3 (*193) 12:00 Aksie

-

Tia Carrere is glad nie soos haar avontuurli­ke argeoloog-karakter Sydney Fox in die aksiereeks Relic Hunter (19992002) nie. “Sy’s ’n professor en ek het skool gehaat. Ek het ’n GPS nodig om in Los Angeles oor die weg te kom – hoe sou ek alleen in ’n oerwoud vaar!”

1 Nie dat ’n woudagterg­rond vir haar vreemd is nie – Tia is in Honolulu, hoofstad van die eilandpara­dys Hawaii, gebore en haar gunsteling­vakansiepl­ek is die Filippyne. “Ek het ’n bietjie Filippynse bloed en dis ’n kalmerende plek om te besoek,” sê sy.

2 Haar bankierpa, Alexander, en rekenaarke­nnerma, Audrey, wou hê hul dogter moes studeer en in die korporatie­we wêreld werk. Maar ná sy in 1985 die realiteits­program Star Search (1983-2004) gesien het “wou ek ’n sangeres word, maar is in die eerste ronde uitgeskake­l”, lag die 51-jarige.

3 Haar eerste rolle was in TVtreffers, hoewel Tia net in een 1985-episode van Airwolf (1984-1986) te sien was. Daarna was sy van 1985 tot 1987 die skurk Jade Soong Chung in die sepie General Hospital (1963-nou).

4 Hoewel sy erken sy’s op haar senuwees wanneer sy sing, het Tia twee Grammys gewen – albei vir beste Hawaise musiekalbu­m: ’Ikena (2009) en Huana Ke Aloha (2011).

5 Tia was twee keer getroud maar sê sy bly hoop op “derde keer gelukkig”. Net as Bianca (haar 12-jarige dogter by haar tweede man, die fotojoerna­lis Simon Wakelin) dit goedkeur. 5 Tia Carrere is haar verhoognaa­m – sy is gebore as Althea Rae Janairo, maar haar kleinsus Saundra het haar Tia begin noem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa