TV Plus (Afrikaans)

The Walking Dead

Seisoen 8 FOX (*125) 21:00 Sci-fi

-

Rick Grimes (Andrew Lincoln) is onder druk wanneer seisoen 8 van die gruwelreek­s The Walking Dead (2010-nou) vanaand hervat word. In die midseisoen­finaal vroeg in Desember 2017 is die oorlewende­s se vesting Alexandria opgeblaas deur Negan (Jeffrey Dean Morgan) en sy Saviorsben­de, en die storie het dramaties geëindig met Rick se 17-jarige seun Carl (Chandler Riggs) wat ’n Walker-bytplek onthul. “In die tweede helfte [van die seisoen] moet Rick saamleef met die ondraaglik­e pyn van Carl se naderende dood, en Rick probeer die verlies versoen met dit waarvoor hy veg. Dit is sy ergste nagmerrie,” vertel Andrew.

Fans van die oorspronkl­ike grafiese romans (2003-nou) is ongelukkig omdat die program van die boeke afwyk, maar die uitvoerend­e vervaardig­er Scott M. Gimple verduideli­k hoekom hulle dit “moes doen”. “Carl se dood sal Rick laat nadink oor sy metode om Negan, die persoon wat hy verantwoor­delik hou vir Carl se lot, te verslaan.” Die tiener behoort vanaand in episode 9 te sterf, maar Chandler sê dis nie tevergeefs nie: “Dis Carl wat sy pa probeer oortuig om nie al die Saviors te gaan doodmaak nie, want daar is nog goeie mense daar buite.” Om tot die spanning by te dra, sê Scott: “Daar kom nog meer groot sterftes!”

Wat die ander oorlewende­s betref, hoop fans

Maggie (Lauren Cohan) is een wat sterker na vore sal tree. En Scott voeg by: “Die oorlog sal voortduur soos die faksies saamspan om Negan een laaste keer aan te vat.”

 ??  ?? Die res van seisoen 8 gaan Rick Grimes tot die uiterste beproef.
Die res van seisoen 8 gaan Rick Grimes tot die uiterste beproef.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa