TV Plus (Afrikaans)

Rustic Chakula

Seisoen 1 SABC3 (*193) 20:30 Leefstyl

-

Nadat die begindatum van 2017 aangeskuif is, is die sjef Sizo Henna reg om te kook in sy kosprogram, Rustic Chakula (2018-nou). En dit gaan oor huislikhei­d vir die 34-jarige, wat met afronding in sy nuwe Joburg-wynkroeg besig was toe ons bel. “Die naam sê alles: ‘rustic’ dui op warmte, gulheid en huislikhei­d, en ‘chakula’ beteken keurige kos in Swahili. Voeg dit saam en jy’t die kern van die reeks.”

Wat is jou geheime bestanddee­l? Ek voeg my kinkel by huiskos – die geregte wat jou ouma, ma en tannie sou maak . . . gesinskos. Ek het klassieke, deftige kookkuns in Londen studeer, maar is eintlik ’n jeans-en-T-hemp-ou. Dus is dit ’n wonderlike kombinasie vir my. Wat is die ergste, ’n profession­ele kombuis of om kos op TV te maak? Beslis TV! Dis erg want dis ’n nuwe stel reëls vir my: kyk altyd na die kamera, wees bewus daarvan wie waar staan. Jy sal nie glo hoeveel keer hulle “cut!” geskree het tydens die verfilming nie. [Lag.] Het jy enige sê gehad in die kombuisuit­leg vir die program? Nie regtig nie, maar die vervaardig­ers weet gelukkig wie ek is en waarvan ek hou. Solank dit ’n bachelor-gevoel het, is ek tevrede. Watter kos maak jy nie graag nie? Ek skrik nie vir enige gereg nie, maar ek het wat genoem word “hot hands”. Ek’s altyd aan die gang en om te bak vereis tyd en detail en dis metodies . . .

Hoe berei julle voor vir opnames? Daar’s ’n span wat seker maak alles is op die regte plek, maar ek maak die kos terwyl ons verfilm – ek kerf op en sny terwyl die kameras rol. Ek hou van bier, dus help ’n yskoue lafenis ook. [Lag.]

Ooit gedink jy sou ’n TV-sjef word? Nee, maar ek het baie kosprogram­me gekyk, dus is dit pret vir my.

 ??  ?? Sizo Henna maak huiskos met ’n verskil.
Sizo Henna maak huiskos met ’n verskil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa