TV Plus (Afrikaans)

Gegroet, nuwe hoofman

Mulalo en hoofman Azwindini se magstryd stel ’n jong leeu teen die alfaman – en dis tyd vir ’n nuwe leier!

- Muvhango Weekdae SABC2 (*192) 21:00

Daar is ’n gebrom in die koninklike huis wanneer die Vhakwevho’s se spirituele raadgewer, Mulimisi (Humbulani Tsharani), ’n ernstige waarskuwin­g bring op Woensdag 15 Augustus: die voorvaders het gepraat en donderwolk­e sal oor die familie vergader. Die leierskap word bedreig en die huidige hoof, Azwindini (Gabriel Temudzani), behoort hom reg te maak vir ’n stryd. Dis kom al ’n lang pad, en Gabriel het ons vroeg in Junie gewaarsku toe die voormalige burgemeest­er Mulalo (Sydney Ramakuela) teruggekee­r het “dit kan ’n probleem wees. Mulalo hou sy lyf grootmenee­r en wil die hoofpos in die koninkryk hê nadat hy afgedank is.”

MAGSHONGER

Die jaloerse Mulalo het dit gehaat om te sien hoe Azwindini soos ’n onkuise koninklike leef terwyl hy [Mulalo] ’n luukse lewe moes prysgee. “Mulalo mis dit om mense te hiet en gebied en die geld wat saam met die posisie kom,” verduideli­k Gabriel. Mulalo is vol vertroue wanneer hy sy baas hof toe www.facebook.com/tvplus neem op Donderdag 16 Augustus, en Azwindini behoort dit as ’n teken te beskou van dinge wat kom – hy word op Maandag 20 Augustus ontsetel as hoof. Om alles te kroon word Mulalo dieselfde dag as nuwe stamhoof ingelyf. “Dis ondenkbaar,” kla Gabriel.

NUWE BAAS, NUWE REËLS

“Mulalo sorg gou vir ’n ander gees in die koningshui­s,” verduideli­k die draaiboekk­oördineerd­er Nonkululek­o Mdluli. “Hy’s verkwisten­d en selfgesent­reerd, nes sy vrou Teboho (Liteboho Molise).” Maar daar is ’n saak wat Mulalo misgekyk het en wat Teboho nie sal beïndruk nie, onthul Nonkululek­o: “Die storie toets Mulalo se huwelik, want volgens tradisie moet Mulalo ’n dzekiso-vrou hê [’n vrou van edele herkoms wat vir hom erfgename kan gee]. Teboho sal woedend wees en dit kan hulle in die komende maande uiteendryf en die nuwe hoof verswak.”

Miskien het die voorvaders nie so ver gesien nie – as die huidige burgemeest­er Tenda (Nat Ramabulana) nie ontslae kon raak van Azwindini deur hom in Julie te dwing om selfdood te pleeg oor sy affair met Tenda se vrou nie, sal Mulalo dit ook nie regkry nie.

 ??  ?? Mulalo (links) stof Azwindini uit en word die stamhoof, maar ons dink sy oë was groter as sy maag.
Mulalo (links) stof Azwindini uit en word die stamhoof, maar ons dink sy oë was groter as sy maag.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa