TV Plus (Afrikaans)

Besigheid bo familie

Jack wil sy kinders Fana en Sphe op hul plek sit.

- Generation­s – The Legacy Weekdae SABC1 (*191) 20:00

Soos ’n dief in die nag sluip Jack (Vusi Kunene) op Donderdag 17 Augustus terug met een doel voor oë: om sy bouprojek JM Eco City van sy kinders Fana en Sphe (Mqobi Duma en Pearl Monama) terug te vat. Hulle het hom uitgeskop, want hy was ’n beheervraa­t wat sy eie belange bo hul familie gestel het. “Hy gaan hulle nie hiermee laat wegkom nie,” sê Vusi streng. Jack teiken sy kinders se alliansie met die invloedryk­e Moroka-broers Mazwi en

Smanga (Musa Ngema en Moopi Mothibeli) en sy vyand Tau (Rapulana Seiphemo). “Jack is oorgehaal en reg om alles terug te vat. Hy is lief vir sy kinders, maar die projek beteken meer vir hom,” onthul die akteur. “Dis sy baba!”

DROOMSPAN

Jack besoek op Maandag 20 Augustus sy gewese sakevennoo­t

Zitha (Zoe Mthiyane) en vra haar om terug te kom in die JM Eco-raad. “Sy besit ’n groot aandeel en haar mening maak saak,” sê Vusi. Dit kan nie kwaad doen om met haar saam te span nie – Zitha is nog woedend ná Tau haar laat in Julie vanjaar voor die kansel gelos het. “Hulle sê mos ’n vyand van ’n vyand is ’n vriend, en Zitha sal niks meer geniet nie as om te sien hoe Tau se drome vernietig word,” voeg Vusi by. Nog ’n bondgenoot vir Jack is Tau se suster Tshidi (Letoya Makhene), wat wraak wil neem omdat Tau haar bemarkings­maatskappy #hashtag World in Februarie 2018 in ’n geldwasser­y-saak verander het. “Die vroue is nes Jack – magshonger en hulle wil Tau terugkry.”

FAMILIEVET­E

Jack zoem in op die emosioneel onstabiele Mazwi op Woensdag 22 Augustus om hom aan sy kant te kry. “Mazwi steier nog oor sy familie se verraad deur sy vrou, Sphe, te dwing om ’n kind by sy broer Smanga te hê [in 2016],” verduideli­k Vusi. “Mazwi sê vir Jack hy’t tyd nodig om daaroor te dink, maar Jack sien reeds die bereidwill­igheid in Mazwi se oë om sy familie te verraai,” verklap Vusi.

 ??  ?? Jack (links) is lief vir Sphe (middel) en Fana, maar sy bouprojek beteken meer vir hom.
Jack (links) is lief vir Sphe (middel) en Fana, maar sy bouprojek beteken meer vir hom.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa