TV Plus (Afrikaans)

Nare Bill doen dit weer

Bill ruk Thomas se hart uit wanneer hy Caroline as buit gebruik.

- The Bold & The Beautiful Weekdae SABC3 (*193) 17:30

Niks is benede Bill (Don Diamont) nie wanneer dit kom by die uitmekaard­ryf van Thomas (Pierson Fodé) en Sally (Courtney Hope) – hy sal selfs lieg oor sy niggie en Thomas se babamamma, Caroline (Linsey Godfrey), nadat hy gehoor het Caroline kla oor Thomas wat haar verlaat op Woensdag 22 Augustus. Hy lieg vir Thomas dieselfde dag en stort selfs ’n traan wanneer hy sê: “Dis ’n seldsame outo-immuunsiek­te. Caroline gaan sterf en sy het jou nodig, Thomas.” Don gee ons insig in sy karakterma­nipulasie, en sê dis een van die bestes tot dusver. “Dit hou tred met die ander lelikste dade van Bill. Maar moenie vergeet nie – die enigste rede waarom hy dit doen is om ontslae te raak van die Spectras; hy wil hul gebou hê vir sy Spencer-wolkekrabb­er.” Bill voer sy leuen verder en sê vir Thomas: “Caroline wil hê niemand mag weet nie. Maar omdat jy Douglas (Abigail en Brielle Rivera) se pa is, het ek gevoel jy het die reg om te weet.” Bill het sy geleenthei­d gesien om van Thomas en Sally ontslae te raak toe sy niggie en Douglas op Vrydag 10 Augustus na LA terugkeer. “Hy wil hul gebou hê en sal enigiets in sy mag doen om dit te kry,” sê Don. Caroline is die perfekte invloed om Thomas te dwing om van die Spectras te vergeet. Bill sal dan die gebou kan terugkry wat die Spectras se hoofkwarti­er was sedert hulle die Spectra-handelsmer­k in Maart vanjaar laat herleef het.

DODELIKE LIEFDE

Bill jaag na Caroline voor Thomas haar kan besoek en hy kry ’n verrassend­e reaksie op Maandag 27 Augustus: “Sy stem in,” sê Don. “Sy is nie tevrede nie, maar laat haar oom met sy bedrieëry voortgaan.” Sal die plan werk? Dit lyk of Don so dink: “Thomas beteken niks vir Bill nie, maar as hy hom by Caroline kan terugkry, weg van die Spectras, dan is alles wel!” Wat Caroline se gesondheid betref, sy sal in sepiestyl magies genees word en Thomas en Sally sal niks wyser wees nie, sê Don.

 ??  ?? Thomas besef nie Caroline en sy seun Douglas word teen hom gebruik nie.
Thomas besef nie Caroline en sy seun Douglas word teen hom gebruik nie.
 ??  ?? Caroline is eers nie beïndruk wanneer Bill onthul hoe hy haar gebruik nie.
Caroline is eers nie beïndruk wanneer Bill onthul hoe hy haar gebruik nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa