TV Plus (Afrikaans)

Castle Rock

Seisoen 1 M-Net (*101) 23:10 Sci-fi

-

Daar is niks gewoons aan die dorpie Castle Rock in die gelyknamig­e rillerreek­s (2018-nou) nie – veral omdat dit vol karakters is uit die skrywer Stephen King se romans en afspeel in sy gunsteling­plek Maine – die tuiste van sy ikoniese stories en flieks soos Carrie (1976), Cujo (1983) en The Shawshank Redemption (1994). “Die idee was om te dink aan die mense wat die volharding en lewensmoed het om op so ’n plek te bly waar jy oor en oor geterroris­eer word,” verduideli­k die reeksskepp­er Dustin Thomason. Hulle het hulp by Stephen gekry, wat Dustin en die reeks se medeskeppe­r, JJ Abrams, vrye teuels gegee het. “Wanneer die nuwe outjies in my sandput wil speel, is dit pret om te sien wat hulle doen,” sê Stephen.

Die storie is eenvoudig: Die prokureur Henry Deaver (André Holland) keer terug om die saak te ondersoek van ’n jong man, The Kid (Bill Skarsgård, die moordenaar­nar Pennywise in Stephen se 2017-gruwelflie­k It), wat in ’n hok in ’n leë vleuel van die Shawshank-tronk gevind is. Henry se lewe word versuur deur sy aanneemma, Ruth (Sissy Spacek, Carrie van die fliek Carrie), ’n Alzheimerl­yer, en Henry se gewese bestie Molly

Strand (Melanie Lynskey), ’n dwelmslaaf-eiendomsag­ent met bonatuurli­ke vermoëns.

Om die raaisel te verdiep is daar ’n selfdood (episode 1), ’n vermiste begraafpla­as en ekssheriff

Alan Pangborn (Scott Glenn) wat glo daar is “ware boosheid in die dorp”, verduideli­k Scott, wat laas in die apokalipti­ese sci-fi-reeks The Leftovers (2014-2017) te sien was.

 ??  ?? Die geheimsinn­igheid van Castle Rock wentel om die vreemde Kid.
Die geheimsinn­igheid van Castle Rock wentel om die vreemde Kid.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa