TV Plus (Afrikaans)

Anger Management

-

Seisoen 2 e.tv (*194) 18:30 Komedie

Charlie Sheen hou by familiesak­e as die disfunksio­nele terapeut Charlie Goodson in Anger Management (20122014) – sy pa, Martin Sheen, speel sy pa op skerm . . . ook Martin. “Dis wonderlik om saam met my seun te werk,” sê die veteraanak­teur Martin, beter bekend as pres. Bartlet in The West Wing (19992006). “Dis soos ‘neem-jou-pa-werktoe’-dag – en ek word daarvoor betaal!”

Nes sy seun het Martin sy naam 1 om werkredes verander – Martin se volle name is Ramón Gerard Antonio Estévez en Charlie s’n Carlos Irwin Estévez. Hulle is van Spaans-Ierse herkoms. 2 Martin se linkerarm is byna 8 cm korter as sy regterarm – dis tydens sy geboorte beseer toe hy met ’n verlostang uitgetrek is. 3 Die akteur het nie ’n grap gemaak toe hy sê hy wil een keer regisseur wees nie – hy was net een keer in sy loopbaan van 51 jaar agter en voor die kameras, in 1990 in die militêre drama Cadence, waarin Charlie ook gespeel het. 4 In die 1990’s het Martin byna Hollywood vir die Withuis verruil toe hy saam met die politikus Ralph Nader aan die Groenparty se veldtog gewerk het. Maar hy het hom later onttrek en gesê: “Ek kan meer van buite doen as van binne die maag van die monster.” 5 Die akteur is al 66 keer gearrestee­r vir burgerlike ongehoorsa­amheid, hoofsaakli­k weens protesaksi­es vir bewaringso­rganisasie­s. 6 Martin het in 2002 ’n ouer weergawe van Charlie gespeel in advertensi­es vir VISA-kredietkaa­rte. 7 Hy’t ’n hartaanval gekry tydens die verfilming van die 1979-oorlogflie­k Apocalypse Now, maar eers in 2015 ’n hartomleid­ingsoperas­ie ondergaan en skerts: “Ek was te besig.”

 ??  ?? Martin en Charlie Sheen is ’n pa-en-seunspan op TV.
Martin en Charlie Sheen is ’n pa-en-seunspan op TV.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa