TV Plus (Afrikaans)

Lindsey Abrahams

Wat gaan in jou gunsteling-aktrise se kop aan?

-

Chanel Samuels (Lindsey Abrahams), die nuwe verpleegst­er in Binnelande­rs (2005nou), is ’n groentjie en sukkel aanvanklik om tuis te raak in die kliniek. “Dit is Chanel se eerste werk en sy wil almal tevrede stel en irriteer haar kollegas omdat sy so oorywerig is,” vertel Lindsey, wat ook die rykmansdog­ter Chantel Davids in die dramareeks Knapsekêre­ls (kykNET, 2018) gespeel het.

Wat was die eerste TV-program wat jy kamma-kastig saam met jou vriende gespeel

het? Ons het nie ’n TV-program nageboots nie, maar as kinders gespeel ons is die Spice Girls. Ek was Baby Spice en my vriendin Kim Syster, wat nou saam met my in Binnelande­rs is en Jax speel, was Sporty Spice. Ons het die girls se musiekvide­o’s nageboots en al die dansbewegi­ngs onder die knie probeer kry.

Wie was jou eerste TV-liefling? Ek was mal oor Orlando Bloom. Die eerste keer dat my hart geboksprin­g het, was toe hy Legolas in The Lord Of The Rings (2001) gespeel het. Wat het jy gedoen wanneer ’n intieme oomblik opduik terwyl julle as gesin TV gekyk het? Ek het ongemaklik op my stoel rondgeskui­f of probeer verdwyn waar ek gesit het. Andersins het ek dadelik opgespring en vir almal gaan koffie maak. Watter produk wat jy in ’n advertensi­e of program op TV gesien het sou jy graag wou hê? Wheely Shoes – daardie skoene met die rolskaatsw­ieletjies onder die sole – maar dit was my toe nie beskore nie. Wie se TV-klerekas sal jy wil hê? Ek hou baie van boheemse sjiek-klere, maar kan nie dink aan ’n TV-karakter wat so aantrek nie. In wie se TV-huis sou jy graag wou woon? Ek sou nie omgee as die karakter Randall Pearson (Sterling K. Brown) in This Is Us (2016) se huis my adres word nie.

Watter reeks is tans jou gunsteling? This Is Us. Ek is gek oor die familiedin­amika en al die gepaardgaa­nde drama. Daar’s omtrent nie ’n episode waarin ek nie gehuil het nie. Watter werk sou jy agter die skerms wou doen? Ek sou graag in die garderobe-afdeling wou werk omdat ek so mal oor mode is en elke karakter sy of haar eie styl het.

Watter storielynw­ending in ’n program is jou gunsteling? 13 Reasons Why (2017-nou) het ’n ongeloofli­ke storielynw­ending. Die eerste seisoen het my op die punt van my stoel gehad. Nes ’n mens dink die hoofkarakt­er Hannah Baker (Katherin Langford) se lewe kan nie erger nie, gebeur daar iets wat haar lewe nog meer hel maak. Watter TV-karakter is jou held? Donna (Sarah Rafferty) van Suits (2011-nou), want al is sy ondergekwa­lifiseerd vergeleke met die res van die personeel, voel dit soms vir my sy weet meer as hulle – veral wat mensekenni­s en insig betref. Watter TV-reeks sal jy wil oormaak? The Mighty Morphin Power Rangers (1993-1999). Ek dink die karakters se persoonlik­hede moes meer uiteenlope­nd gewees het en ek sou ander kleure vir die kostuums gekies het. As jy enige karakter in ’n reeks kon

vertolk, wie sou dit wees? ’n Vroulike weergawe van Abed Nadir (Danny Pudi) in ’n splinterre­eks van Community (2009-2015). Hy is iemand met vele fasette wat op die oog af baie gewoon lyk, maar eintlik ’n diep mens is. Watter reekse kyk jy tans aaneen? Suits (2011-nou) en Community (2009-2015). Dit is uiteenlope­nde reekse, maar ek kan nie genoeg daarvan kry nie. Watter reeks het jou geïnspiree­r om ’n aktrise te word? Dit was van kleins af my droom, sonder spesifieke inspirasie, maar Glee (2009-2015) en Devious Maids (2013-2017) het my wel aangemoedi­g om beter toneel te speel. Wie is jou TV-ikoon? Meryl Streep (Florence Foster Jenkins, 2016), maak nie saak of dit flieks, TV of die verhoog is nie. Sy bly briljant! En as jy een ding aan jou karakter Chanel kon

verander, wat sou dit wees? Chanel babbel heeltemal te veel. Ek wens sy wil fokus op wat sy wil sê, en dit met groter logika aanpak. • Lees meer op ble. 20-23.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa