TV Plus (Afrikaans)

Meermin met ’n missie

Siren gee ons watervrees! En vir wie in die see kan skuil . . .

-

’n Eet-soveel-jy-wil-seekosbuff­et wag op kykers met die aanlyn stroomdien­s Showmax se aanbod van die meermingru­welreeks Siren (2018-nou). Daar is iets verdags aan Ryn (Eline Powell), die nuwe meisie in Bristol Cove, eens ’n veilige hawe vir meerminne. Ryn veroorsaak ’n storm ná sy die oog vang van die mariene bioloog Ben Pownall (Alex Roe) en sy vriendin-kollega Maddie Bishop (Fola Evans-Akingbola). Maar hulle betree gevaarlike water, want die meerminne (in die reeks bekend as sirens) is besig om byeen te kom en hulle is honger. “Die program keer die tipiese idee van meerminne op sy kop. Ons dink aan hulle as broos, as geseksuali­seerde objekte en slagoffers. Maar in die reeks is hulle magtige roofdiere, hulle sal gou met jou klaarspeel,” waarsku Tricia Melton, die senior-visepresid­ent van bemarking vir Siren se produksiem­aatskappy Freeform. Min meerminne is gevaarlike­r as Donna. Dié dodelike siren word gespeel deur Sibongile Mlambo, wat in Zimbabwe gebore is. Sy het vanaf die stel in LA vir ons vertel Donna is die groot rede hoekom haar jonger suster Ryn Bristol Cove toe gekom het.

Is Siren The Little Mermaid (1989) gekombinee­r met The Walking Dead (2011-nou)? Dis ’n donker drama en ons meerminne is dodelik. Hulle is die ergste roofdiere en ek sou sê baie gevaarlike­r as haaie. Waarvan hou jy die meeste van jou karakter Donna? Sy’s ’n meermin! En ’n taai, vurige krygervrou! Om navorsing te doen oor diere en met Donna se bewegings te kon eksperimen­teer was bevrydend.

Wat is haar eintlike doel? Sy probeer net weer by haar suster uitkom. Dis vreemd vir haar om op land te wees, dis ’n hele nuwe wêreld en mense is glad nie hartlik teenoor haar nie – sy word gevang en in ’n glastenk gehou. Danksy rekenaarge­skepte beelde is dit deesdae maklik om onderwater­tonele te

skep – maar jul stel is in die water? Ja, dis regtig die akteurs in die water. Ons het bikini-tops aan en lang rompe wat ons bene bymekaarho­u, en ons kry ’n visstert en dra kontaklens­e en kunstande. Merkers word ook oral op ons kostuum aangebring wat die akteurs se bewegings vir die spesiale- effekte-span aandui vir die naproduksi­eproses. Ons moes leer hoe om onder die water asem op te hou (ek is by meer as twee en ’n half minute) en duiksertif­ikate verwerf. En ’n duiker is met ’n suurstofte­nk byderhand ingeval ons nie vinnig genoeg na die oppervlak kan kom nie.

Jou grimeerroe­tine klink uitputtend. Ek hoef gelukkig nie vroegoggen­d op roep te wees nie, wat help! As ons vir ’n halfdag en halfaand skiet, moet ek teen twaalfuur die middag gereed wees. Tenkdae is my gunsteling, want die water is warm en jy swem die hele dag – ek’s in my swempak en dan is dit vinnig in by hare en grimering vir die merkers, kunstande, kontaklens­e en ’n pruik. En die swemmery is goeie oefening! Die oseane van Los Angeles is ver verwyder van Zimbabwe en Afrika . . . My kop het altyd Hollywood toe gestaan, maar ek het nie geweet hoe ek daar gaan uitkom nie. Toe ek in Kaapstad gewerk het, het internasio­nale akteurs my aangemoedi­g om die kans te waag, en toe ek gevoel het die tyd is reg, het ek gegaan en ’n afspraak gemaak vir die fliek waarvoor ek toe ’n oudisie afgelê het. Soos hulle sê, die res is geskiedeni­s. Wat is die verskil tussen ’n groot VSA-produksie soos Siren en iets kleiners tuis? Die ondersteun­ing op ’n groot stel soos Siren is wonderlik. Die produksies­pan het ’n waaghals- en duikspan gekry om seker te maak ons is altyd veilig in die water, tesame met opleiding. Jy kry dit nie altyd by kleiner produksies nie. Siren is nie jou eerste kennismaki­ng met fantasie-TV nie? Ek het Tamora Monroe in Teen Wolf (2011-2017) gespeel en hoewel sy nie een van die cool wesens was nie, het ek dit geniet om te jag, met ’n geweer te leer skiet en gevegstone­le te doen. Met die fantasie-genre het jy soveel meer ruimte om jou verbeeldin­g te gebruik.

 ??  ?? Sibongile Mlambo is feitlik onherkenba­ar vir haar rol as ’n ongewone monster in Siren.
Sibongile Mlambo is feitlik onherkenba­ar vir haar rol as ’n ongewone monster in Siren.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa