TV Plus (Afrikaans)

Tot siens – vir nou

Amorey pak haar tasse!

-

7de Laan

Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Amorey (Kristen Raath) het soos ’n groot speld verdwyn! En dit voorspel niks goeds nie, want dit was duidelik sy het gevoel haar lewe is verby toe sy uitvind haar man, Willem (Markus Haywood), het haar begin Augustus met die jogainstru­kteur Tineke ( Trix Vivier) verkul. “Toe Amorey dit uitvind, het iets binne haar gebreek,” sê Kristen oor haar karakter. “Sy het haarself van Willem afgesluit en besluit om sonder hom oor te begin.” Willem spartel nou om sake te beredder en probeer met haar versoen raak, maar dis te laat en die werklikhei­d gaan hom hard tref.

WAT LAAS GEBEUR HET

Willem kon sy ore nie glo nie toe hy op Vrydag 24 Augustus by sy skoonpa, Chris (David Rees), hoor Amorey het die vorige dag haar tasse gepak en Stellenbos­ch toe gevlieg en gaan nou daar bly. “Vir Amorey was dit die beste ding om in die omstandigh­ede te doen,” sê Kristen. “Sy het haar ou werk by ’n koffiewink­el in Stellenbos­ch teruggekry en beoog om haar studies voort te sit en ’n gekwalifis­eerde sjef te word.”

Amorey wil nie met Willem praat nie. “Want sy wil hom nie die geleenthei­d gee om haar te oortuig om hom nog ’n kans te gee nie. Sy het hom summier afgesny, maar ek vermoed sy gaan moontlik in die toekoms spyt wees,” voeg Kristen by.

DIE BITTER EINDE

Willem sukkel op Woensdag 29 Augustus om te aanvaar sy huwelik is finaal op die rotse. Chris het op Maandag

27 Augustus Amorey se trouring vir Willem teruggegee wat sy by hom gelos het, en vir Willem gesê hy moet ’n prokureur kry – Amorey wil so gou moontlik skei.

Markus vertel Willem voel soos ’n hond. “Spyt vreet hom op, maar hy wys dit vir niemand nie en probeer eerder sy bes om van Amorey te vergeet deur wilde partytjies te hou en by verskillen­de meisies betrokke te raak om die pyn te verdoof.”

Maar niks kan die seer en verlange wegneem nie, en op Donderdag 30 Augustus wil Willlem met alle mag na Amorey toe gaan. “Hy wil haar vergifnis vra en sy huwelik red, maar Amorey weier om sy oproepe te aanvaar of hom ’n kans te gee om te verduideli­k,” voeg Markus by.

Willem is nou die een wat voel sy lewe is verby. Hy raak depressief en worstel op Vrydag 31 Augustus met selfdoodge­dagtes. Sy skoonma, Mariaan (Deirdre Wolhuter), besef daar is groot fout en probeer Willem help. Sy moedig hom aan om vir Amorey te veg, maar hy het net nie die wilskrag nie. Dan dreig Chris hom op Maandag 3 September om homself reg te ruk of hy gaan in ’n inrigting beland – dis dalk net wat Willem moet hoor om weer sy kop op te tel.

 ??  ?? Amorey wil met ’n nuwe lewe ver weg van haar ontroue man en Hillside begin.
Amorey wil met ’n nuwe lewe ver weg van haar ontroue man en Hillside begin.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa