TV Plus (Afrikaans)

KRISTEN GROET

-

Die 22-jarige aktrise Kristen Raath het in Maart vanjaar besluit om te bedank en het op 12 Junie haar laaste tonele geskiet. Kristen sê sy het gevoel haar seisoen by die sepie het tot ’n einde gekom. “Maar ek sal nie twee keer dink om terug te kom wanneer die tyd reg is nie. 7de Laan het vir my soos ’n familie geword en dit was ’n ongeloofli­ke leerskool in toneelspel, veral omdat ek nie drama studeer het nie. Dit was baie moeilik om die besluit te neem om weg te gaan, want ek het ’n sterk band met die sepie, die akteurs en die produksies­pan gevorm, maar ek is opgewonde oor wat die toekoms inhou.”

Haar laaste dag op stel was emosioneel. “Ek het baie gehuil. Jy besef nie hoe mense deel van jou lewe word en watter impak hulle op jou het nie, tot jy hulle verlaat. Daardie dag het dit my getref.”

Kristen het ’n aantrekkam­er gedeel

met Carina Nel, wat haar suster, Alexa, speel. Carina het vir haar ’n besonderse vaarwelges­kenk gegee. “Dis ’n groot swartbord met ’n foto van my as Amorey op, en rondom dit het almal van die stel vir my ’n boodskap geskryf [foto links onder]. Dit hang nou teen die muur in my slaapkamer.”

Sy mis klaar die Welman-familie wat nes op TV soos haar eie geword het. “Hulle het diep in my hart gekruip en die tyd wat ek saam met hulle kon wees, was vir my ’n groot voorreg.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa