TV Plus (Afrikaans)

Tyd vir vasbyt

TJ kry swaar sonder sy ma Iva en oom Ike.

-

Getroud Met Rugby

Weekdae kykNET (*144) 21:00

Die Stryders se afrigter Schalk (Johan Scholtz) probeer sedert einde Julie kop bo water hou nadat sy pilverslaa­fde vrou Iva (Nadia Beukes) die pad gevat het. “Dis ’n aanhoudend­e gesukkel,” vertel Johan. “Schalk probeer dinge veral makliker maak vir sy en Iva se aangenome seun, TJ (Johnny Potsanyane), want nes Schalk kry hy swaar sonder Iva.” Maar net wanneer Schalk dink dinge begin beter gaan, bel iemand van TJ se skool hom op Maandag 3 September met ontstellen­de nuus. En al probeer ’n pa hoe hard, kan hy nie ’n ma se plek vol staan nie – en ’n mafiguur is wat TJ nou nodig het.

DRIEDUBBEL­E VERLIES

“TJ se hart is gebreek oor Iva,” vertel die 15-jarige akteur Johnny. Dit voel vir hom of almal wat hy liefhet hom verlaat – soos sy biologiese ma wat verlede jaar in ’n taxi-ongeluk dood is en sy oom Ike (Fezile Mpela), wat in Mei vanjaar doodgeskie­t is. “TJ is emosioneel en dit veroorsaak probleme met sy skoolwerk.” Schalk hoor TJ versuim gereeld om sy huiswerk te doen, en wanneer Schalk hom daaroor aanspreek, sê TJ dis omdat hy nie die werk verstaan nie. Johnny voeg by TJ sukkel om met Schalk te kommunikee­r. “TJ probeer sy pa bystaan, maar hy besef sy pa het genoeg probleme en wou hom nie oor huiswerk pla nie.”

ONTSTELD EN KWAAD

Schalk spreek TJ se onderwyser op Woensdag 5 September, maar word onkant gevang wanneer hy hoor TJ het al minagtend teenoor die leerkrag opgetree, vertel Johan. Later die dag kry Schalk TJ voor stok oor sy houding en laat hom verstaan sy gedrag is onaanvaarb­aar. “TJ luister na sy pa, maar eintlik is hy kwaad,” sê Johnny. “’n Deel van hom neem Schalk kwalik omdat Iva weg is, want in sy oë lyk dit of sy pa sy ma heeltyd gedwing het om rehab toe te gaan.”

BIBI GEE RAAD

“Schalk voel oorweldig,” verduideli­k Johan. Hy besef op Donderdag 6 September TJ het ’n mafiguur nodig, en vra Bibi (Stephanie Baartman), wyle Ike se vrou, of sy TJ onder haar vlerk sal neem. Bibi en TJ bring op Vrydag 7 September tyd saam deur en vorm dadelik ’n band. Johnny sê dis wat TJ nou nodig het. “Bibi help TJ om die seer te verwerk en binnekort word sy baie spesiaal vir hom.”

VERLEDE KEER

Kristien se kontak het gedreig om Blitz alles oor haar komplot teen hom te vertel, Lindy se ekskêrel Roy het onverwags opgedaag, en Nina en Gideon het van oorsee teruggekee­r.

29 – 31 AUGUSTUS

Roy maak weer sy opwagting by die stadion, Fafa vind ’n oplossing vir sy vroeë middeljare-krisis, en Nina vermoed Chrissie en Gideon voer iets in die mou. Festus besef sy en Koekie se huwelikshe­rdenking is om die draai, Fafa se nuwe motorfiets is steeds ’n doring in Maryke se vlees, en Reitz vra Anna om by hom in te trek. Gideon is gespanne oor Nina se verrassing­spartytjie, en Festus vra Pottie ’n guns.

3 – 7 SEPTEMBER

Anna se ouers vind uit sy het by Reitz ingetrek, Schalk kry ’n oproep van TJ se skool, en Festus is benoud oor sy huwelikshe­rdenking. Fafa is nie meer die enigste rebel in die gesin nie, en Lindy is agterdogti­g oor Kristien se bedoelings. Daniël maak ’n draai by die stadion, en Maryke het ’n plan om Fafa se motorfiets­passie te blus. Renate, Kristien en Lindy hou ’n dinkskrum, Schalk vra Bibi se raad met TJ, en Nina is bekommerd oor Daniël se bedoelings met Chrissie.

10 – 11 SEPTEMBER

Fafa is dikbek omdat hy sy motorfiets moet verkoop, Gideon het ’n vergaderin­g met Jan, en Schalk kry nuus oor die nuwe assistent-afrigter. Simon bestel ’n sexy kostuum, Sakkie lees Blitz die leviete voor, en Gideon bespreek sy werkaanbod met Reitz. Lees meer op bl. 45.

 ??  ?? TJ se hart is gebreek en Schalk (inlas) kry ’n ontstellen­de oproep van sy skool.
TJ se hart is gebreek en Schalk (inlas) kry ’n ontstellen­de oproep van sy skool.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa