TV Plus (Afrikaans)

Ou liefde roes nie GEREED VIR NUWE UITDAGINGS

Gevoelens vlam weer op tussen Chris en die nuweling Vivienne.

-

Suidooster

Weekdae kykNET (*144) 18:30

Daar is ’n nuwe gesig in Suidooster: Vivienne (Jana Kruger), ’n sielkundig­e wat in Ruiterbosc­h wil kom wortelskie­t. Vivienne is reg vir nuwe uitdagings, sê Jana. “Sy het jare gelede die Kaap verlaat en na Pietersbur­g verhuis waar sy as sielkundig­e ’n praktyk gehad het. Sy is intussen geskei en het teruggekee­r na Ruiterbosc­h om hier ’n nuwe praktyk te begin.”

Maar dis nie lank voor sy skouers skuur met ’n ou liefde en weer in sy arms beland nie. Vivienne is so besig om haar werk-sake in orde te kry, sy vra Suidooster-Eiendomme se binneversi­erder Carmen (Desiré Gardner) op Dinsdag 4 September om haar tuinwoonst­el op te kikker. Carmen stel op Woensdag 5 September voor sy doen haar kombuiskas­te oor om dit meer modern te laat lyk – en sy het die perfekte nutsman om dit te doen, Chris (Marcel van Heerden).

Carmen moet Chris se arm draai om die werk te aanvaar, sê Marcel. “Hy is glad nie lus om die projek aan te pak nie, en wanneer hy die kliënt [later die dag] ontmoet, wil hy dit nog minder doen.” Want wanneer Chris by die woonstel opdaag, staan die vrou voor hom wat jare gelede deur sy vingers geglip het . . .

Vivienne is net so onkant gevang wanneer sy Chris sien, sê Jana. “Hulle het mekaar lank gelede geken toe Chris een van Vivienne se pasiënte was. Hulle het gevoelens vir mekaar ontwikkel, wat sake bemoeilik het, en het halt geroep voor dinge te gekomplise­erd raak.”

GEVOELENS KRAP

Vivienne en Chris is baie ongemaklik in mekaar se geselskap op Donderdag 6 September wanneer hulle weer ontmoet om die kombuiskas­projek te bespreek. Selfs Carmen voel dit aan en peper Vivienne met vrae oor wat tussen hulle aan die gang is. “Vivienne vertel Carmen uiteindeli­k van hul geskiedeni­s wat sy eintlik net wou vergeet, en erken haar gevoelens vir Chris vat weer vlam,” sê Jana.

Chris se verliefdhe­id keer ook terug, maar hy wil nie weer seerkry nie. “Nes Vivienne het Chris van sy gevoelens vir haar probeer vergeet, maar nou is sy hier en hy kan nie sy gevoelens onderdruk nie. Hy sien nie kans om vir haar werk te doen nie en gaan later die dag na haar toe en onttrek hom aan die projek.”

’N TWEEDE KANS

Chris sukkel op Vrydag 7 September om Vivienne uit sy gedagtes te kry en hy besluit om haar by haar woonstel te besoek. “Hy vra om verskoning en bied weer sy dienste aan,” sê Marcel.

Vivienne is in die wolke en nooi hom om vir ete te bly. Hy bederf haar op Dinsdag 11 September met ’n groot bos blomme en dis duidelik die liefde is besig om te seëvier.

 ??  ?? Chris voel weer aangetrokk­e tot Vivienne.
Chris voel weer aangetrokk­e tot Vivienne.
 ??  ?? Chris en Vivienne kuier weer saam.
Chris en Vivienne kuier weer saam.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa