TV Plus (Afrikaans)

Moeilikhei­d met ’n hoofletter M

Bianca se pilverslaw­ing en haar kêrel Lloyd neem haar lewe oor.

-

Suidooster

Weekdae kykNET (*144) 18:30

Bianca (Simone Biscombe) is op ’n afdraande pad. Die enkelma was gewoonlik ’n voorbeeld vir almal, maar sedert haar rugbeserin­g einde Julie is sy verslaaf aan pille, en haar twyfelagti­ge kêrel Lloyd (Ruben Engel) sterk haar in haar kwaad.

Sy speel met vuur – sy skeep haar dogter, Stella (Phoenix Isabella Bennett), af, ondermyn haar ma Mymoena (Jill Levenberg) en baklei met haar baas en Stella se pa, Stefan (Gideon Lombard). Bianca begin ook na ander soort pille gryp wat haar lewe kan vernietig.

Stefan vat Bianca vas op Woensdag 29 Augustus wanneer hy hoor Lloyd bestee tyd saam met Stella. Simone sê Stefan dink Lloyd het ’n slegte invloed op Bianca. “Hy is ontevrede dat die partytjied­ier tyd saam met sy dogter deurbring. Hy wil Stella nie aan ’n losbol soos Lloyd blootgeste­l hê nie. Maar Bianca voel Stefan wil net ’n stokkie steek voor haar kans op geluk – en dit gaan sy nie toelaat nie,” verduideli­k Simone oor hoekom Bianca so heftig reageer.

NIE DIE MAN VIR BIANCA

Mymoena is ook nie gelukkig met Lloyd nie en probeer Bianca op Donderdag 30 Augustus oortuig om dinge rustiger te vat en vir ’n slag nie d die aand saam met Lloyd uit te gaan n nie. “Lloyd is beslis nie die soort man w wat Mymoena vir Bianca sou kies nie,” s sê Jill. “Tog het sy hom aanvanklik ’n k kans gegee, maar sy het gou ’n kant v van hom gesien wat haar nie aanstaan nie. Dis vir Mymoena duidelik Lloyd dink net aan homself en flous almal met sy sjarme. Sy is dalk oorversigt­ig wanneer dit by Bianca kom, maar dis vir haar duidelik Lloyd voorspel moeilikhei­d met ’n hoofletter M.”

Maar Bianca luister nie en die volgende aand gaan sy weer saam met Lloyd uit en los Stella by Mymoena. Simone vertel: “Bianca sê vir haar ma sy is moeg om voorgesê te word – sy kan self besluit wat sy wil doen en met wie sy uitgaan.”

Wanneer sy later die aand uiteindeli­k tuis kom, dra Lloyd haar by die deur in omdat sy sukkel om te loop. “Lloyd en Bianca was by ’n plek en het hard gekuier toe Bianca ’n trappie mistrap en so weer haar rugbeserin­g vererger.”

PIL VIR EKSTRA ENERGIE

Die pyn in Bianca se rug maak haar byna rasend, en dit voel of die pynpille wat sy het nie meer genoeg is nie. Sy gaan weer saam met Lloyd uit op Maandag 3 September, maar sy sukkel om by te bly. “Die pyn raak net erger, maar sy vergeet gou daarvan wanneer Lloyd vir haar een van sy spesiale pille gee om haar beter te laat voel. Dit gee Bianca ook tonne energie,” sê Simone.

Mymoena probeer steeds sin in Bianca se kop praat, tot haar dogter se irritasie op Donderdag 6 September wanneer Mymoena haar voet dwars sit omdat Bianca se aandag heeltyd by Lloyd is. Bianca sê reguit vir haar ma sy gaan haar nie laat beheer nie, sê Simone. “En Mymoena laat Bianca verstaan sy gaan nie van haar hart ’n moordkuil maak oor Lloyd se slegte invloed op haar dogter nie,” stel Simone Mymoena se kant.

Mismoedig drink Bianca weer skelm ’n spesiale pilletjie op Vrydag 7 September om deur haar werkdag te kom. Dis duidelik dit het nou ’n houvas op haar, want op Dinsdag 11 September begin sy skielik vreemd optree en raak om geen rede nie histeries. “Mymoena is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie,” sê Jill. “Sy kan sien Bianca het iets ingekry wat haar so laat optree, en dit kan nie iets wettigs wees nie.”

 ??  ?? Lloyd en Bianca kan nie genoeg van mekaar kry nie.
Lloyd en Bianca kan nie genoeg van mekaar kry nie.
 ??  ?? Bianca gaan weer saam met Lloyd uit en wil nie na haar ma Mymoena (inlas) luister nie.
Bianca gaan weer saam met Lloyd uit en wil nie na haar ma Mymoena (inlas) luister nie.
 ??  ?? Stefan (regs) sê vir Bianca hy wil Lloyd nie naby Stella hê nie.
Stefan (regs) sê vir Bianca hy wil Lloyd nie naby Stella hê nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa