TV Plus (Afrikaans)

Post-traumaties­e stres

Deon kry hallusinas­ies en sien heeltyd vir Mbo.

-

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30

Al is die dokters Deon (Pietie Beyers), Jax (Kim Syster) en Steve (Clint Brink) veilig terug van die oorloggete­isterde Kongo nadat dr. At Koster (Hans Strydom) ’n stewige losprys vir die terroriste betaal het, het al die traumaties­e gebeure van die afgelope drie maande sy merk gelaat. Deon, wat lank deur die terroriste gevange gehou is en wreed gemartel is, kry aaklige nagmerries en hallusinas­ies. Jax is baie besorg oor hom en wil hom amper nooit alleen laat nie. “Maar dan begin Deon obsessief raak oor Jax en hy glo hulle twee hoort by mekaar,” vertel Pietie.

Maar Jax voel nie dieselfde nie en om dinge te bemoeilik begin die vuurvreter- dokter gevoelens vir iemand anders ontwikkel.

EIE HUISIE

Nadat Deon op Dinsdag 28 Augustus uit die Binneland-kliniek ontslaan is, word daar geskarrel om ’n geskikte blyplek te kry vir hom en Jax, wat hom moet verpleeg. Okkie Ferreira (Ben Kruger) en sy wederhelf

Ilse (Hannelie Warren) kom tot die gefolterde dokter se redding en bied aan dat Deon in hul kothuis aansterk. “Jax trek saam met Deon in om ’n oog oor hom te hou. Hulle is albei in hul noppies met hul weelderige nuwe tuiste nadat hulle in haglike omstandigh­ede in die Kongo moes bly,” vertel Pietie.

Kim sê dis juis waar die krapperigh­eid tussen haar karakter en Deon ontstaan, want Jax kom agter Deon wil huis-huis speel. “En Deon kyk kort-kort met leepoë na Jax,” voeg Kim by. As toegewyde dokter bly Jax bekommerd oor Deon se post-traumaties­e toestand en sy verskrikli­ke nagmerries. “Jax voel verantwoor­delik vir Deon en sy is in ’n bitter moeilike situasie. Al het Deon gevoelens vir haar, kan sy hom nie los nie.”

NUWE AFLEIDING

Sake raak meer ingewikkel­d wanneer Jax op Donderdag 30 Augustus die paramediku­s Danny Jantjes (Bradley Olivier) in Nagskof ontmoet. “Daar’s dadelik ’n vonk tussen die twee. Maar Jax speel ’n bietjie met hom en wil eers sien hoe sake verloop voordat sy haar tot ’n vaste verhouding verbind,” sê Kim. “En daar’s hoegenaamd nie geheime agendas van haar kant om Deon jaloers te maak nie.”

Maar Jax se jolige aandjie in Nagskof bereik Deon se ore en hy is rasend van jaloesie. Deon verloor heeltemal kop op Woensdag 5 September en in ’n oomblik van waansin gooi hy sy pille in die drein af. “As Deon nie sy medikasie drink nie gaan hy nie behoorlik herstel nie, en moet Jax steeds na hom kyk. Hy gebruik dit as ’n wapen,” verduideli­k Pietie.

OKKIE WORD AANGEVAL

Dinge ruk dan heeltemal hand uit. Okkie se kleindogte­r,

Trudie (Daniah de Villiers), wat ook by die Ferreiras bly, het ’n sagte plekkie vir Deon, maar wanneer Deon een van sy histeriese uitbarstin­gs op Donderdag 6 September kry, is Trudie vreesbevan­ge. En sy het rede, want die volgende dag, op Vrydag 7 September, lei een van sy angsaanval­le tot ’n groot besering. In ’n hallusinas­ie sien Deon die terroriste­leier Mbo (Perebo George) wat hom so mishandel het. “Deon gryp ’n mes in die kombuis en wil Mbo te lyf gaan. Maar dit is nie Mbo wat voor hom staan nie, maar Okkie,” verklap hy.

Deon en Okkie beland albei in die hospitaal en Deon is uiters ontsteld omdat Okkie dit moes ontgeld. Daar’s nou net een uitweg vir Deon: hy sal intensiewe hulp moet kry om die Kongo-spoke finaal te begrawe. Maar sal hy ooit sy groot liefde vir Jax kan smoor?

 ??  ?? Deon raak heeltemal berserk wanneer hy sy medikasie staak.
Deon raak heeltemal berserk wanneer hy sy medikasie staak.
 ??  ?? Deon word deur nagmerries en hallusinas­ies geteister.
Deon word deur nagmerries en hallusinas­ies geteister.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa