TV Plus (Afrikaans)

Koebaai, Lexi

Lexi gooi die handdoek in en groet Binneland

-

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30

Die lewe druk Lexi (Kisha Skeï). Sy het nou genoeg gehad van die drama wat haar so ry. Die eerstejaar- mediese student moes in Mei haar ouers se traumaties­e egskeiding verwerk nadat haar pa, dr. Steve Abrahams (Clint Brink), haar ma, Bronwyn (Kim Cloete), met dr. Anne

lize Roux (Cindy Swanepoel) verkul het. Twee weke daarna is haar pa skielik na die oorloggest­eisterde Kongo om in ’n veldhospit­aal te gaan werk. Daar is hy swaar gewond en deur terroriste gevange geneem. Om alles te kroon het sy drie weke tevore uitgevind haar kêrel

Ruben (Adrian Steyn), ’n kliniese medewerker by die Binneland-kliniek, het onwettig medisyne aan die terroriste in die Kongo gestuur, en Lexi het hul verhouding beëindig. Op Vrydag 31 Augustus vertel Lexi haar pa die skoknuus: sy het opgeskop en wil oorsee gaan werk. Kisha sê sy het begrip vir Lexi se skielike besluit. “Lexi is ’n verlore skapie wat nog nie besluit het wat sy met die res van haar lewe wil doen nie.”

Lexi wou eers nie vir Steve van haar planne vertel nie. “Maar sy is aangenaam verras wanneer Steve nie ’n vloer- moer gooi nie en haar ondersteun,” vertel Kisha.

AFSKEIDSPA­RTYTJIE

Maar haar verligting is van korte duur, want vir Ruben is dit slegte nuus.

Op Maandag 3 September hoor Ruben Lexi en haar vriendin Chanel (Lindsey Abrahams) reël haar afskeidspa­rtytjie vir Woensdag 5 September in Nagskof. “Ruben is uit die veld geslaan wanneer hy hoor Lexi gaan die land verlaat en hy aanvaar hy is die sondaar. Maar sy laat hom gou verstaan hy was nooit deel van haar toekomspla­nne nie,” sê Kisha.

Steve loop sy dogter se afskeidspa­rtytjie weens werkverpli­gtinge mis en op Donderdag 6 September hulle kry net tyd om vlugtig te groet.

Al gaan Lexi almal baie mis, is dit tog vir haar bevrydend om die Jakarandas­tad te verlaat, sê Kisha. “Sy kan nou uiteindeli­k besluite oor haar toekoms neem sonder enige inmenging.”

 ??  ?? Lexi (links) gesels met Chanel en haar pa, Steve.
Lexi (links) gesels met Chanel en haar pa, Steve.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa