TV Plus (Afrikaans)

Het hy, of het hy nie?

Lesedi vermoed haar onderwyser mnr. Carlson het haar bedwelm en seksueel aangerand.

-

Generation­s – The Legacy

Weekdae SABC1 (*191) 20:00

Lesedi (Luyanda Mzazi) se skooluitst­appie gaan oornag van ’n droom in ’n nagmerrie verander op Vrydag 31 Augustus wanneer sy wakker word met haar hemp losgeknoop en broek oopgerits. Al is sy nie heeltemal seker nie, is die enigste persoon wat haar seksueel kon aanrand die onderwyser mnr.

Carlson (Clayton Boyd), wat saam met haar na haar kamer geloop het op Donderdag 30 Augustus ná Lesedi sleg begin voel het tydens die buitelugak­tiwiteite.

“Hy het haar pille gegee om haar beter te laat voel, maar oomblikke later het sy flou geword,” sê Luyanda. Mnr. Carlson het nie na die groep teruggekee­r nie en hy was ongewoon vriendelik, sê Luyanda. “Lesedi weet nie wat om te dink nie. Volgens haar het mnr. Carlson haar bedwelm sodat hy haar kon misbruik,” sê die aktrise. Al kan Lesedi nie die besonderhe­de onthou nie, wil sy keer dat mnr. Carlson dit aan iemand anders doen.

“Die voorval neem Lesedi op ’n herinnerin­gsreis na November 2016 toe haar drankie gedokter is en sy gyselaar gehou is deur ’n mensehande­lsindi- kaat,” verduideli­k Luyanda. “Nou hou sy haar eenkant en stoot weer haar gesin weg,” verduideli­k Luyanda. Sy vermy enige vrae oor die kamp, veral omdat sy nie seker is wat eintlik gebeur het nie.” Maar Lesedi se vriendin Lerato (Candice Modiselle) merk hoe gespanne sy is op Woensdag 5 September en konfrontee­r Lesedi, wat knak. “Sy vertel Lerato alles, en sy sê vir Lesedi om die sekspes te ontmasker,” verduideli­k Luyanda.

VOLGENDE TEIKEN?

Lesedi sien op Maandag 10 September mnr. Carlson gesels met ’n leerder. “Hy’s te vriendelik met Amy (Marilise van Wyk), wat kan beteken sy is sy volgende teiken,” sê Luyanda. “Lesedi is huiwerig om vir Amy te sê om van Carlson weg te bly, want sy’s bang sy sal ’n liegbek genoem en geboelie word. Haar vrese raak so erg dis al waaraan sy kan dink, en sy verwaarloo­s haar skoolwerk en raak meer onseker.”

 ??  ?? Lesedi word wakker en vind iets ontstellen­ds uit.
Lesedi word wakker en vind iets ontstellen­ds uit.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa