TV Plus (Afrikaans)

Trots kom tot ’n val

Ma Ntuli se geldkrisis veroorsaak chaos in die Seakamela-huis.

-

Skeem Saam

Weekdae SABC1 (*191) 18:30

Die werklose enkelma Ma Ntuli (Dieketseng Mnisi) het niks daarvan gedink dat haar hospitaalb­ase haar meer betaal het as wat haar toekom toe sy in Julie daar weg is nie, maar sy moes geluister het toe haar familie haar waarsku oor haar spandabelr­igheid. “Die hospitaalb­eamptes het hul fout agtergekom en sy moet die geld terugbetaa­l,” sê Dieketseng. “Maar sy het dit op klere en meubels uitgegee. Daar’s byna niks oor nie.” Selfs haar dogters, Sthoko en Pretty (Innocent Sadiki en Lerato Marabe), kan nie tot haar deurdring nie wanneer Ma Ntuli op Dinsdag 4 September weier om die duur bank terug te gee. “Ma Ntuli wil vir haar kinders alles koop waarvan hulle droom ná hul pa, Lucas (Patrick Shai), hulle in 2013 verlaat het. Sy voel sleg dat sy hulle weer in die posisie plaas en van die hand na die mond laat leef,” sê die aktrise.

KRISISBEST­UUR

“Ma Ntuli se vrees is wat die gemeen- skap gaan dink – hulle sal weet sy is weer platsak,” sê Dieketseng. Maar om haar probleme geheim te hou is buite Ma Ntuli se beheer. Op Woensdag 5 September vra Pretty hul buurvrou Meikie (Harriet Manamela) om haar beste vriendin, Ma Ntuli, te vra om haar nuwe meubels terug te gee. “Ma Ntuli is woedend vir Pretty,” sê Dieketseng. “Sy wou nie hê almal moet van haar geldkrisis weet nie – veral nie Meikie nie, wat ’n goeie lewe lei terwyl Ma Ntuli voortsukke­l.”

ALMAL PRAAT

Dinge vererger op Maandag 10 September wanneer Kwaito (Clement Maosa) aanbied om sy ma en susters tuis te help, en dis wanneer Ma Ntuli besef sy’s in die moeilikhei­d. “Sy kry ’n skerp pyn in haar borskas,” sê Dieketseng. “Gewoonlik hou Ma Ntuli haar kop omhoog, selfs wanneer haar wêreld verkrummel. Die probleme dwing haar om werk te soek.” Maar Ma Ntuli is nie die enigste een in ’n moeilike posisie nie – Sthoko gaan terug na haar mishandela­arman,

Dennis (Clevy Seleka), en hoop hy sal hulle red. Maar jy weet wat hulle van ’n geslepe jakkals sê . . .

 ??  ?? Ma Ntuli kry ’n oproep wat vereis dat sy die geld terugbetaa­l wat sy uitgegee het.
Ma Ntuli kry ’n oproep wat vereis dat sy die geld terugbetaa­l wat sy uitgegee het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa