TV Plus (Afrikaans)

Thathe se Terror-gevaar

Rendani en Skhumbuzo is in die spervuur wanneer ’n skietlusti­ge Terror sy wapen rondswaai.

-

Muvhango

Weekdae SABC2 (*192) 21:00

Niks sal die skurk Terror (Tshepo Seagiso) keer om die uitvaagsel te vind wat sy gangster-pa Terror sr. [nie op skerm nie en jare voor Terror daar aangekom het] doodgemaak het. “Terror is seker Moliehi ( Vatiswa Ndara) en haar familie het sy pa vermoor, maar Moliehi is ’n moeilike kalant om vas te trek,” sê Tshepo. Maar soos enige gangster wat sy sout werd is, weet Terror hoe om antwoorde te kry, en die akteur voeg by: “Hy teiken Moliehi se stiefseun Skhumbuzo (Thokozani Zikalala) – die swakste skakel in die familieket­ting.” En op Woensdag 29 Augustus laat Terror ’n bose woede op sy niksverver­moedende slagoffer reën.

SAGTE TEIKEN

Terror neem Skhu se meisie Rendani (Innocentia Makapila) gyselaar en rig ’n vuurwapen op haar en haar gesin. “Terror weet Skhumbuzo is sag, en hy buit hom uit deur Rendani by te kom. Deur haar aan te val, val Terror Skhu aan op ’n manier wat pynliker is as fisieke pyn,” verduideli­k Tshepo, wie se karakter nie sal skroom om sy vyande te vermoor nie. Terror laat elkeen vrees vir hul lewe op Donderdag 30 Augus- tus. Terror is wreed en wraaksugti­g en “hy swaai sy mag in Skhu se gesig”, sê Tshepo, “en sê vir hom óf hy antwoord die vrae, óf ‘sy meisie kry dit’”. Skhumbuzo probeer die held wees op Vrydag 31 Augustus en probeer die vuurwapen gryp – groot fout! ’n Skoot gaan af, Skhu kry ’n hou in die gesig, en Rendani val op die grond met ’n koeëlwond.

SY MOET BOET

“Terror is ’n geharde gangster en moordenaar. Hy deins nie terug vir vuurwapens nie,” waarsku Tshepo. “Hy het Skhu aangespoor om die waarheid te praat, maar Skhu het verkeerd gekies en nou moet sy meisie vir ‘sy’ misdade boet.” Dis ’n saak van lewe of dood, sê Innocentia: “Rendani is ernstig gewond. Daar word met haar hospitaal toe gejaag terwyl sy vir haar lewe veg.” Met Terror wat steeds antwoorde soek sal Rendani nie die laaste een wees wat geskiet word nie . . .

 ??  ?? Rendani betaal dalk die prys vir iets waarby sy nie eens betrokke was nie.
Rendani betaal dalk die prys vir iets waarby sy nie eens betrokke was nie.
 ??  ?? Skhu moet boet.
Skhu moet boet.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa