TV Plus (Afrikaans)

Rebel met ’n rede

JJ was al ’n verkuller, ’n dwelmsmous en ’n dwelmslaaf – dis hoog tyd hy gebruik sy stoutseuns­treke vir ’n goeie doel.

-

Days Of Our Lives

Weekdae e.tv (*194) 17:15

JJ Deveraux (Casey Moss) was klaar ’n stoutseun toe hy in Junie 2016 in Salem aangekom het ná hy uit die skool geskors is. Kort daarna, in Augustus 2016, is hy gearrestee­r vir dwelmhande­l en diefstal van middels uit die hospitaal. Maar sedert ’n vriendin in Desember 2016 tydens ’n seks- en dwelmorgie met JJ ’n oordosis geneem het, probeer hy op die regte pad bly – met ’n hobbel hier en daar. Die DEA (Drug Enforcemen­t Agency) besef op Vrydag 31 Augustus JJ is, met sy reputasie, die ideale persoon om onder die dekmantel te werk sodat hulle kan vasstel wie besig is om van Salem ’n dwelmnes te maak. JJ weier botweg, maar gelukkig vir die DEA verg dit net jaloesie om JJ aan hul kant te kry . . .

TOT PAIGE SE REDDING Paige

JJ se eksmeisie (True O’Brien) ignoreer op Vrydag 7 September sy waarskuwin­g dat Kyle (Michael Cardelle), die ou met wie sy flirt, ’n gevaarlike dwelmsmous is. Dit laat JJ besluit om terug te gaan na die DEA op Maandag 10 September, want hy is vasbeslote om Paige uit die skurk se kloue te hou. JJ word die swye opgelê oor wat hy regtig doen, en gou staan hy weer as die stoutseun bekend. Terwyl hy bondgenote verloor, maak JJ ’n gevaarlike vyand van die dwelmgroot­baas Cly

de Weston (James Read). Maar JJ sal enigiets doen om Paige te red van ’n donker wêreld wat hy alte goed ken. “Hy is nie selfvernie­tigend omdat hy homself of ander mense wil seermaak nie, maar omdat hy vreesloos is,” sê Casey.

CASEY SE JJ-OOMBLIK

Dit lyk soms of Casey te veel soos JJ is! Hierdie episodes is in Julie 2015 in die VSA uitgesaai, en net ’n paar maande later, op Maandag 26 Oktober 2015, is Casey gearrestee­r toe hy gedreig het om ’n kroegman in Arizona by te dam omdat die man geweier het om hom meer alkohol te gee. Toe die polisie hom weglei, het Casey probeer ontsnap en geskree: “Ek’s Casey Moss! Ek is ’n akteur in Days Of Our Lives!” Casey het in Junie 2016 toegegee: “Dit was ’n wrede ontnugteri­ng vir my. Die beste is om daaruit te leer en nie droog te maak en dit wat jy het, weg te gooi nie.”

 ??  ?? JJ beklink ’n transaksie met die dwelmsmous Kyle (inlas) as sy eerste stap om Salem se dwelmnetwe­rk oop te vlek.
JJ beklink ’n transaksie met die dwelmsmous Kyle (inlas) as sy eerste stap om Salem se dwelmnetwe­rk oop te vlek.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa