TV Plus (Afrikaans)

Pelle met voordele

Wyatt draai die sjarmekraa­ntjie oop vir ’n gelukkige nuwe vrou – sy gewese stiefma Katie!

-

The Bold & The Beautiful

Weekdae SABC3 (*193) 17:30

Katie (Heather Tom) neem ’n bladsy uit haar manetersus­ter Brooke (Katherine Kelly Lang) se handboek deur by mans van dieselfde familie te slaap. Maar daar is ’n afstootlik­e faktor in haar nuwe oorwinning, want Wyatt (Darin Brooks) was haar stiefseun toe sy met Bill

Spencer (Don Diamont) getroud was. Pla dit Katie nie? “Glad nie,” sê Heather eerlik. “Katie het Wyatt ontmoet toe hy reeds ’n man was – sy het hom nie grootgemaa­k nie.” En hulle wag ook nie nadat hulle ’n onskuldige soen in die kantoor gedeel het op Woensdag 29 Augustus – hulle beland twee dae later op Vrydag 31 Augustus in die bed!

KANTOORPAR­TYTJIE

“Hulle vind mekaar op soveel vlakke en hulle werk nou saam,” sê Heather, en meen “hy’s ook sag op die oog”. Nes omtrent elke ander Bold-karakter is Katie en Wyatt ook in die modebedryf en daardie laatnag-ontwerpske­tse is waar hul hart se paadjies kruis. “Katie wil pret hê en Wyatt bring dit in haar na vore. Hy laat haar lag en dis wat sy nou nodig het.” Darin voeg by dis effens anders vir sy karakter: “Dit begin met wellus, dan word dit vriende met voordele, want dit voel veiliger vir hulle. Omdat Katie met sy pa, Bill, getroud was, was Katie gespanne en so voorskrift­elik soos Bill. Maar nou is dit anders. Katie is baie meer ontspanne en vol pret.”

GEVAAR, GEVAAR

Al geniet hulle tans mekaar se lyf, is daar een ou wat gaan ontplof wanneer hy uitvind: Bill. “O, hy sal beslis nie ingenome wees wanneer hy uitvind nie [in Februarie 2019 vir SA kykers],” sê Heather. Dit maak nie Darin of sy karakter bang nie, en die akteur sê: “Hulle sal net versigtig moet wees met hul ontmoeting­s.”

FAMILIESAK­E

Om verhouding­s in dieselfde familie te hou is niks vreemds in Bold nie, en Darin geniet dit baie. “Ons moet die klein details [soos om familie te wees] soms vergeet. Ons moet ’n werklik wonderlike verhouding probeer hê sodat jul kykers ons toejuig sonder om vas te haak by ‘maar hulle is so te sê verwant’.”

 ??  ?? Wie het ontwerpers­klere nodig wanneer Wyatt en Katie vir mekaar goed lyk in lakens?
Wie het ontwerpers­klere nodig wanneer Wyatt en Katie vir mekaar goed lyk in lakens?
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa