TV Plus (Afrikaans)

Die millenniër­s

Die tieners in Fynskrif is lewenslust­ig en eiewys.

-

Fynskrif Seisoen 1 Dinsdae kykNET (*144) 20:00

Dis nie net Ben van Wyk (Neels van Jaarsveld) en sy tweelingsu­ster Lara Kruger (Tinarie Van Wyk Loots) wat ’n stormagtig­e tyd beleef in die regsdrama Fynskrif nie. Ben moet daarmee vrede maak dat sy vrou hom verkul het en dat hy weer vir sy pa, Hans (Chris van Niekerk), moet werk. Lara verwerk nog die teleurstel­ling dat Hans haar nie ’n vennoot gemaak het nie en dat sy nie haar eie praktyk kon begin nie omdat sy haar man, Jaco (Jacques Bessenger), uit ’n netelige situasie moes uitkoop.

Die appel val nie ver van die boom vir die twee se spruite nie. Ben se kinders, Luke (Luan Jacobs) en Bella (Mia van der Merwe), pas nog aan ná hulle uit Kenia teruggekee­r het. En Lara se dogter, Alex (Marguerite van Eeden), probeer haar ma se woedebuie en stram verhouding met haar pa verstaan.

Van die drie akteurs is dit nog net Mia wat op die skoolbanke sit, maar Luan en Marguerite sê dit tel eintlik in hul guns dat hulle steeds hoërskooll­eerders kan speel.

LUAN JACOBS (LUKE)

Luan (30) speel gereeld karakters wat heelwat jonger as hy is. Hy was onder meer verlede jaar in die sepie Binnelande­rs te sien as die skoolseun Ross wat sy meisie

Lexi (Kisha Skeï) swanger gemaak het. “Ek gee glad nie om om iemand jonger te speel nie. As die storie, teks en produk goed is, is ek daar. Met TV en film is jy gebonde aan jou voorkoms en soms dikteer dit jou rolle.”

Luke se persoonlik­heid verskil aansienlik van syne en Luan het eers gesukkel om die outjie uit te pluis. “Dit was amper soos ’n ingewikkel­de woordsom en ek moes die regte formule kry om hom te speel. Luke kom koud en klinies oor. Hy is slim, maar sy emosionele IK is nie baie hoog nie,” vertel Luan.

Luke en Bella het ’n tipiese broersuste­r-verhouding, maar hy het ’n openhartig­e verhouding met sy pa. “Die feit dat sy pa so gemaklik is wat Luke se doen en late rakende meisies betref, gee hom in ’n mate vryheid. En al maak albei foute op hierdie terrein, is Ben steeds daar om Luke te ondersteun,” voeg Luan by.

MIA VAN DER MERWE (BELLA)

Mia (17) is ’n graad 11-leerling aan die Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes en maak seker sy ruim tussendeur haar skoolwerk tyd in vir haar toneelspee­lpassie. Mia was verlede jaar as die gefolterde Emma in die sepie Suidooster te sien, en sy het ook ’n kameerolle­tjie in seisoen 2 van Die Boekklub (2017) vertolk.

Mia hou van haar karakter se koelkop-houding. “Bella woon in ’n huis saam met twee mans wat hardekoppe is, maar sy is die vredemaker en hou hulle bymekaar. Sy is ook die een wat sin in haar broer Luke se kop praat.”

Bella het ’n borrelende geaardheid en kan soms op ’n vreemde en snaakse manier raad uitdeel. “Sy is reguit en baie wys vir haar ouderdom,” sê Mia.

MARGUERITE VAN EEDEN (ALEX)

Marguerite (21) is tans ’n tweedejaar­student in BA Geesteswet­enskappe aan die Universite­it Stellenbos­ch en moes haar studies tussen die verfilming inpas. Dis ook nie vir haar ’n probleem om jonger as haar ouderdom te speel nie. “In my kop voel ek steeds 17.”

Die aktrise wat verlede jaar die hoofrol in die fliek Vaselinetj­ie vertolk het, sê Alex is ’n modelkind. “Sy dink sy ken haarself en het geen onverwerkt­e kwessies nie, maar dis nie regtig die geval nie. Alex word tussen volwassene­s groot en haar ouers vergeet soms sy is nog minderjari­g. Omdat sy die enigste kind is, moet sy alleen haar ouers se konflik hanteer, maar sy het darem haar neef Luke by wie sy kan gaan afpak,” verduideli­k Marguerite.

Alex se verhouding met haar pa is die sterkste. “Ek dink haar pa het ’n onvoorwaar­delike liefde vir haar ma.” Dit word weldra duidelik Alex en haar ma is uit dieselfde hout gesny. “Sy wil nie regtig in die stadium in haar ma se voetspore volg nie, maar in haar onderbewus­syn weet sy tog sy gaan ook eendag ’n prokureur word.”

 ??  ?? Van links: Bella (Mia van der Merwe), haar broer, Luke (Luan Jacobs), en hul niggie, Alex (Marguerite van Eeden), word in prokureurs­huise groot.
Van links: Bella (Mia van der Merwe), haar broer, Luke (Luan Jacobs), en hul niggie, Alex (Marguerite van Eeden), word in prokureurs­huise groot.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa