TV Plus (Afrikaans)

Vinnige vingers

Blitsbrein is terug met vinnige speletjies en kopkrapvra­e.

-

Blitsbrein Seisoen 2 Dinsdae VIA (*147) 18:00 (begin 11 September)

Dis weer tyd om te kyk of jy vanaf jou rusbank die deelnemers aan die vasvraprog­ram Blitsbrein (2018-nou) kan uitoorlê wanneer die tweede seisoen op Dinsdag 11 September begin. Francois

Brink, ’n sportbestu­urder van Durbanvill­e, is in Julie vanjaar gekroon as die eerste seisoen se skerpste brein en het met ’n vet tjek van R120 000 weggestap. In die nuwe seisoen neem 13 aspirantwe­nners deel en hoop om die prysgeld te kry.

MEER OOR DIE DEELNEMERS

Pietie Beyers (29) is terug as die aanbieder vir seisoen 2 en sê die keer gaan daar meer gefokus word op die deelnemers pleks van om die speletjies te verduideli­k. “Ons het tussen die rondes tyd gemaak om met die deelnemers te gesels en meer uit te vind oor hul agtergrond en belangstel­lings.”

Die deelnemers wissel van ’n aktuaris, ’n dokter en ’n dosent tot ’n lewensafri­gter. Hulle kom van regoor die land.

’n Legende van speletjies­programme, Daantjie

Badenhorst, of Daantjie Dinamiet soos hy bekend staan, gaan as deelnemer ook ’n draai by Blitsbrein maak. Daantjie het in 2004 aan die musiekspel­etjiesprog­ram Noot Vir Noot (1991-nou) deelgeneem en geskiedeni­s gemaak deur in die eerste ronde van die program die maksimum punte bymekaar te maak, wat hom R10 000 in sy sak laat steek het. Teen die einde van die reeks is hy as die wenner gekroon en het met meer as R77 000 weggestap. Ons kan nie nou al verklap in watter episode hy gaan verskyn nie, maar daar wag ’n lekker verrassing!

MOEILIKE VRAE EN TONGKNOOP-OOMBLIKKE

Pietie het in seisoen 1 beïndruk met sy puik aanbieding en sy vermoë om die vrae in die speletjies duidelik voor te lees sonder enige tongknoop-oomblikke. “Dit kom van baie oefensessi­es saam met die navorsers van Blitsbrein voor ‘aksie!’ geroep word,” vertel Pietie. “Ek sal sekere woorde oor en oor sê om seker te maak ek spreek dit korrek uit sodat die deelnemers my reg verstaan.”

Soms raak die atmosfeer in die ateljee elektries en dan moet Pietie homself daaraan herinner hy kan nie daardeur opgesweep raak nie. “Ek moet heeltyd my asemhaling beheer en myself kalm hou, veral wanneer ek ’n vraag voorlees,” voeg hy by.

Hy dink hy het selfs slimmer geword. “Die navorsers doen uitstekend­e werk wanneer hulle materiaal bymekaarma­ak. Ek het al soveel geleer oor verskeie vakgebiede, soos kuns, musiek, geskiedeni­s en selfs geografie. Ek dink as ek aan die reeks sou deelneem, sou ek van die slimkoppe kon klop!”

FRANCOIS GEE RAAD

Francois (52) se skoonma het hom aangemoedi­g om aan die eerste seisoen deel te neem. In die eindstryd het sy grootste mededinger, André Slabber, ’n tropiesevr­ugte-invoerder van die Wes-Kaap, hom op sy tone gehou tot die heel laaste ronde. “André het ’n aanvallend­e aanslag gehad, maar ek was rustiger,” sê Francois. En dis juis daardie kalmte van hom wat Francois koning laat kraai het.

Sy raad vir die nuwe deelnemers? “Jy is klaar goed genoeg, dis hoekom jy daar is. Moenie toelaat dat twyfelgeda­gtes jou beïnvloed nie, bly kalm en luister aandagtig na die vrae wat gevra word. En bo alles, geniet die besonderse ervaring.”

 ??  ?? Pietie Beyers is terug met nuwe algemeneke­nnis-vrae en lekker prysgeld.
Pietie Beyers is terug met nuwe algemeneke­nnis-vrae en lekker prysgeld.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa