TV Plus (Afrikaans)

Vervlakste diamante

Die bekroonde reeks Vloeksteen is nou op gratis TV te sien.

-

Vloeksteen Seisoen 1 Dinsdae SABC2 (*192) 19:00 (begin 11 September)

Die skaduwêrel­d van diepdekkin­gsagente gryp nog altyd die verbeeldin­g aan. Dit is ’n gevaarlike en senutergen­de lewe: Die agente kry nie net nuwe identiteit­e om die diamantsmo­kkelaars vas te trek nie, maar loop die risiko om deur die misdadiger­s ontmasker te word. Vloeksteen, ’n bekroonde dramareeks wat in twee dele van 13 episodes elk op kykNET (2011 en 2013) en in Mei vanjaar op kykNET & kie uitgesaai is, is nou op gratis TV te sien en lig die sluier oor die fassineren­de lewe en werk.

DIE WARE JAKOB

As jy dink Vloeksteen is sommer wolhaarsto­ries, maak jy ’n fout. Ludwig (Lud) Oberholzer, ’n boer van Ficksburg wat voorheen ’n diepdekkin­gsagent was, ken die wêreld soos die palm van sy hand en het die saadjie vir die reeks geplant. Lud, na wie een van die hoofkarakt­ers genoem is, het nou saamgewerk met die skrywer Hein Eksteen om sy spannende stories in ’n reeks van 26 episodes te verwerk. Hein was ook medeskrywe­r van Die Byl, 2016.

Regardt van den Bergh is die regisseur en is in 2013 met ’n erepenning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die reeks bekroon. Hy vertel Hein het wonderlike situasies geskep wat die akteurs kon uitleef. “Ons het een episode in vier dae verfilm en ek moes heeltyd gefokus bly, want ons kon nie bekostig om enige foute te maak en tonele oor te verfilm nie,” sê Regardt.

LOERBROERS

Vloeksteen handel oor die alleenlewe van ’n groep hoogs opgeleide diepdekkin­gsagente, onder wie Ludwig Swart (Neels van Jaarsveld), Sandra Cilliers (Dorette Potgieter) en Zander Loods (Albert Maritz). Hul hanteerder, Spook de Koning (André Jacobs), en sy assistent en mede-hanteerder, Elle Fourie (Erica Wessels), maak ook deel van die storie uit.

Ludwig, oftewel Lud, Sandra en Zander verloor hul identiteit en kry ’n nuwe skynlewe en vals persoonlik­heid wat deur die georganise­erde misdaadeen­heid vir hulle geskep word.

Terwyl die diepdekkin­gsagente die onwettige transaksie­s met die diamantsmo­kkelaars probeer beklink, word hul optrede verfilm en direk na die beheerkame­r van die hanteerder­s gebeeldsen­d. Die hanteerder­s gee die agente dan opdragte om uit te voer. Die kykers word dus soos loerbroers wat in hul huis al die aksie en drama dophou.

 ??  ?? Die hanteerder­s Spook de Koning (André Jacobs) en Elle Fourie (Erica Wessels).
Die hanteerder­s Spook de Koning (André Jacobs) en Elle Fourie (Erica Wessels).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa