TV Plus (Afrikaans)

Werkende vrou

Om ’n enkelma te wees in die 1970’s in Los Angeles is allesbehal­we spoggerig in American Woman.

-

American Woman Seisoen 1 Vrydae M-Net (*101) 22:00 (begin 31 Augustus)

Bonnie Nolan verloor alles in die komedie American Woman (2018nou) en is in die duister daaroor, sê Alicia Silverston­e (Cher in die 1995komedi­efliek Clueless). “Bonnie is ’n tuisteskep­per in die 1970’s-Los Angeles, waar haar man,

Steve (James Tupper), as ’n eiendomsag­ent werk en Bonnie hul dogters grootmaak en die lewe van ’n huisvrou lei.” Met werk bedoel Alicia Steve het ’n skelmpie wat hom die middernagt­elike olie laat brand wanneer hy tuis behoort te wees by sy gesin.

“Bonnie se wêreld stort in duie in episode 1 en sy moet grootword ná sy uitvind Steve verkul haar en word vir bedrog ondersoek,” onthul Alicia. “Sy word aangesê om werk te kry, en vir die eerste keer as volwassene is sy bang en voel verlore.” Maar om by die werkmag aan te sluit is nie Bonnie se enigste hindernis nie . . .

Om lid van die ryk vroueklub te wees is ’n probleem wanneer jy nie iemand se vrou of ryk is nie. Sonder Steve se geld moet Bonnie die enigste beskikbare werk aanvaar vir iemand wat net die vaardighed­e van ’n huisvrou het: werk in ’n boetiek waar haar vriendinne haar sal sien.

GEEN SORGE

Toe Bonnie getroud was, het Steve vir alles gesorg. Al die rekenings is betaal – skoolgeld, partytjies en juweliersw­are . . . sy het haar oor niks bekommer nie. Dis nogal snaaks wanneer Bonnie haar eerste salarisstr­okie kry en vra hoekom geld afgetrek is. Dis vir belasting . . .

Bonnie kry te doen met iets wat vir haar meer vreesaanja­end is as die polisie: haar angstige tiener

Becca (Makenna James) wat nie net rebelleer nie, maar ook haar ma kwalik neem omdat haar pa Bonnie verkul en hulle verlaat het.

Selfs Bonnie se twee beste vriendinne voeg drama by haar lewe. Die aspirant-rolverdeli­ngsregisse­ur Kathleen (Mena Suvari) se sakevennoo­tkêrel is gay en bedrieg haar, en Diana (Jennifer Bartels) se ma is dominerend. Boonop word Diana by haar werk oor die hoof gesien en sy hanteer dit deur rond te slaap.

DIE REGTE HUISVROU

Die reeks is losweg gegrond op die lewe van Kyle Richards van The Real Housewives Of Beverly Hills (2010-nou). “My ma was ’n vrou wat die tyd vooruit was – in die 1970’s was dit nie aanvaarbaa­r om ’n sterk vrou te wees nie – veral vir ’n vrou wat twee keer geskei is, soos my ma,” sê Kyle, wat ook die uitvoerend­e vervaardig­er is. Kyle is die tante van die realiteits­ter Paris Hilton (My New BFF, 20082009), en Kyle onthul American Woman het binnegeveg­te veroorsaak tussen haarself en haar suster Kathy (Paris se ma): “Sy hou nie daarvan dat soveel van ons kinderjare getoon gaan word nie. Ons stry soos tipiese susters – maar dis niks ernstigs nie. Ons sal teen Kersfees weer met mekaar praat.”

 ??  ?? Bonnie was eers ’n partytjiev­rou met ’n babelas, met Kathleen (links) en Diana (regs) wat saamgepiek­el het.
Bonnie was eers ’n partytjiev­rou met ’n babelas, met Kathleen (links) en Diana (regs) wat saamgepiek­el het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa