TV Plus (Afrikaans)

Terry-liefde!

Terry Jeffords is ons gunsteling-karakter in Brooklyn Nine-Nine – van sy liefde vir jogurt tot sy sêgoed.

-

Brooklyn Nine-Nine Seisoen 2 Sondae SABC3 (*193) 18:02 (begin 2 September)

Jake Peralta (Andy Samberg) dink dalk hy’s Brooklyn se beste polisieman, maar die oulikste speurder in Brooklyn Nine-Nine (2013-nou) is ongetwyfel­d sers. Terry Jeffords (Terry Crews). “Die beste ding van Terry Jeffords is hy is ek. Terry eet graag jogurt, ek eet graag jogurt. Terry is lief vir sy gesin, ek is lief vir my gesin. Terry hou van sy kollegas, ek hou van my medespeler­s,” vertel die akteur Terry C. “Ek kan baie oor myself tot uiting laat kom. Ek is ’n nerd. Dis wie ek is. Ek is ’n kunstenaar. Ek sal vir hulle stories vertel, en drie episodes later word dit in die storielyn gebruik. Dis wraggies cool.” Maar sers. Jeffords het byna nie die kollig gesteel nie. “My karakter was veronderst­el om vaal en muisstil te wees,” verklap Terry C. “Maar die aand voor ons die loodsepiso­de sou skiet, kry ek ’n oproep van die vervaardig­ers en hulle sê: ‘Terry, ons het ’n fout gemaak. Ons wil hê jy moet jouself wees. Jy’s nie meer bedees nie, jy is aggressief!’ Ek was so bly hulle het dit verander. ’n Mens weet nooit wat Terry gaan doen nie, jy weet regtig nie. Hy kan ineenstort en begin huil, of hy kan jou regtig seermaak.” Sers. Jeffords het vele lae, nes sy heerlike mango-jogurtparf­ait. En daardie lae bestaan uit die dinge wat Terry na aan die hart lê.

TERRY HOU VAN . . . ’n Aangename vakansie

In episode 12 (18 Nov.) sal ons sien hoe Terry is wanneer hy heeltemal ontspan. Terry lê in sy gemaklikst­e klere op die rusbank en kondig aan: “Hierdie naweek is ek Vakansie Terry. Geen kinders nie. Geen verantwoor­delikhede nie. Ek is net ’n ballon wat in die groot blou lug dryf en ek is ongebonde en vry. Vakansie Terry is geen man se baas nie. As my voete in die pantoffels is, ontspan ek. Ek speel Kwazy Cupcakes [fiktiewe aanlyn speletjie wat in die program geskep is] en ek luister na Sheryl Crow. Ek hou my eie partytjie. Ek is voorbereid op enige vakansiesi­tuasie Ek het ’n botteloopm­aker, sonskerm, opblaasbar­e nekkussing . . . ” Beter kan dit nie!

 ??  ?? Terry Crews en sy karakter Terry Jeffords kon net sowel dieselfde mens gewees het.
Terry Crews en sy karakter Terry Jeffords kon net sowel dieselfde mens gewees het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa