TV Plus (Afrikaans)

Mary Berry’s Country House Secrets

Seisoen 1 BBC Lifestyle (*174) 21:00 Leefstyl

-

Die bakkoningi­n Mary Berry se liefde vir geskiedkun­dige Britse wonings het gelei tot haar nuwe vierdelige reeks Country House Secrets in 2017, maar vir die 83-jarige Mary gaan alles steeds oor die kombuis. “Ek en my man, Paul, het landgoeder­e besoek en ek het altyd gewonder wat agter die geslote deure aangaan, wie daar woon, wat in die kombuis gebeur. My nuwe reeks is ’n soort dokkie waarin van die pragtigste wonings in Brittanje getoon word, waarin ek meer uitvind oor die families wat daar woon en die heerlike maaltye wat in die ou kombuise berei word.”

Mary het polio gehad toe sy 13 jaar oud was en was in 1948 drie maande in die hospitaal weens haar toestand, wat gelei het tot ’n krom ruggraat en ’n swakker linkerhand. Tot op die ouderdom van 15 jaar was Mary ’n rabbedoe, maar dit het verander toe sy huishoudku­nde as vak begin neem. “Dit het my lewe vir altyd verander. Dit het my my eerste voorsmakie van bak gegee,” sê Mary. “Die eerste koek wat ek gebak het was ’n Victoriaan­se sponskoek, wat steeds my gunsteling is.” Sy het minstens 75 kookboeke gepublisee­r, maar vroeër vanjaar het haar sakeryk ’n terugslag gekry ná haar reeks slaaisouse aan die mark onttrek is omdat hulle ongelyste bestanddel­e bevat het. Sy bestuur Mary Berry’s Dressings sedert 1994 saam met haar dogter Annabel. En wat geniet ’n bakster soos Mary graag? “’n Gebakte eier met roosterbro­od, en ’n skyf pizza.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa